Griffons stuit Limpopo se o.20-Blou Bulle in Curriebeker-semifinaal

Die Limpopo o.20-Blou Bulle kon nie Saterdag die mas teen die Griffons van Noordelike Vrystaat in Welkom tydens se Curriebekersemifinaal opkom nie en het met 29-53 in die stof gebyt. Alhoewel die Bulle ‘n goeie seisoen gehad het, was dit baie teleurstellend vir spelers om nie in die finaal te kon speel nie. “Dit was …

Die Limpopo o.20-Blou Bulle kon nie Saterdag die mas teen die Griffons van Noordelike Vrystaat in Welkom tydens se Curriebekersemifinaal opkom nie en het met 29-53 in die stof gebyt.
Alhoewel die Bulle ‘n goeie seisoen gehad het, was dit baie teleurstellend vir spelers om nie in die finaal te kon speel nie.
“Dit was ‘n harde reeks en ons is tevrede met die span se prestasie. Die spelers het sedert die begin van die reeks alles ingesit en gefokus en gedetermineerd gebly. Die Bulle was gedurende die reeks ook die beste verdedigende span in die reeks met die minste punte teen hulle,” sê hoofafrigter, Neels Grobler.
Jason Makhari en Jason Andre Pelser kon Saterdag daarin slaag om deur Griffons se verdediging te dring en agter die pale te kuier, maar Theunis Sauer se skopskoen het gefaal. Die Bulle kon slegs 10 punte in die eerste helfte teenoor die Griffons se 31 bymekaar maak. Binne tien minute in die tweede helfte het Sauer ‘n drie gedruk met Makhari wat verdoel het en 21 minute later was dit Juvan Stimie se beurt om te druk met Makhari wat ook dié drie verdoel het.
Frans Botha het twee minute voor die einde daarin geslaag om oor die doellyn te duik, maar dié keer kon Makhari nie die doelskop tussen die pale deurstuur nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Jason Makhari word tydens ‘n vroeëre tuiswedstryd platgetrek. (argief foto)

Juvan Stimie loop hom vas teen die Griffons in ‘n vroeëre wedstryd.
Exit mobile version