Eagar Aquatics vereer beste swemmers

Eagar Aquatics het Saterdag hul jaarlikse prysuitdeling in die Polokwane Wild­reservaat gehou en vlak 1 tot 3-swemmers vir hul prestasies vereer. Ude Fuchs en Sulé van der Merwe het elk ses toptoekennings ontvang met Ude wat ook as Swemmer van die Jaar aangewys is. Volledige uitslae van Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling is as volg: …

Eagar Aquatics het Saterdag hul jaarlikse prysuitdeling in die Polokwane Wild­reservaat gehou en vlak 1 tot 3-swemmers vir hul prestasies vereer. Ude Fuchs en Sulé van der Merwe het elk ses toptoekennings ontvang met Ude wat ook as Swemmer van die Jaar aangewys is.

Volledige uitslae van Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling is as volg:

Ude Fuchs – Beste algehele vlak 3-prestasie, internasionale deelname, beste nasionale swemmer by alle junior en senior galas, senior seun met die meeste punte en Swemmer van die Jaar.
Sulé van der Merwe – Beste senior vlak 3-swemmer, beste enkelprestasie in vlak 3, beste prestasie gedurende die seisoen, beste vordering en beste swemmer tydens nasionale junior en senior galas.
Ethan Anderson – Meeste punte as intermediêre swemmer en beste vordering vir senior seuns.
Ivan Beukes – Beste seun tydens die junior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Rhys Broderick – Beste niekompeterende seun.
Abigail Olivier – Beste niekompeterende meisie.
Juan Randall – Eerste jaar in kompeterende swem, seun.
Jenny Zang – Eerste jaar in kompeterende swem, meisie.
Kyle Bridger en Ruan Potgieter – Junior seun met meeste punte 12 jaar en jonger.
Cherise Swarts – Junior meisie met meeste punte 12 jaar en jonger.
Antoinette Fuchs – Intermediêre meisie met meeste punte en beste vlak 2-meisie.
Ashleigh Hunter – Senior meisie met meeste punte.
Ruan Potgieter – Beste vordering, junior seun.
Kano Tjia – Beste vordering, junior meisie.
Robert O’Reilly – Spanmaat van die Jaar (seun).
Marjoné de Beer – Spanmaat van die Jaar (meisie).
AJ Jordaan – Spanmaat van die Jaar (senior seun).
Zané Steele – Spanmaat van die Jaar (senior meisie) en beste prestasie vlak 2-meisie.
Ruan Buitendach – Beste prestasie, vlak 1-seun.
Kamalan Naidoo – Beste prestasie, vlak 2-seun.

Story and photos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Featured photo: Die algehele beste seunswemmer tydens die junior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe is Ivan Beukes.

Die senior meisieswemmer met die meeste punte is Ashleigh Hunter.
Antoinette Fuchs met haar twee toekennings vir intermediêre meisieswemmer met die meeste punte en beste swemmerprestasie vir ‘n meisie, vlak 2
Die toekenning vir meeste punte as intermediêre swemmer en beste vorde­ring vir senior seunswemmer is aan Ethan Anderson oorhandig.
Die titel vir junior seunswemmer jonger as 12 jaar wat die meeste punte deur die jaar behaal het, word deur Ruan Potgieter en Kyle Bridger gedeel.
Jenny Zang is as beste meisieswemmer in haar eerste jaar in kompeterende swem aangewys.
Abigail Olivier is Eagar Aquatics se beste niekompeterende meisieswemmer.
Ude Fuchs.
Sulé van der Merwe.
Kamalan Naidoo, beste prestasie, vlak 2.
Die toekenning vir beste prestasie in vlak 1 het aan Ruan Buitendach gegaan.
Zané Steele is vereer vir haar uitstekende prestasie, vlak 1, en as seniormeisie Spanmaat van die Jaar aangewys.
Die seniorseun Spanmaat van die Jaar is AJ Jordaan.
obert O’Reilly is die juniorseun Spanmaat van die Jaar.
Ivan Beukes.
Exit mobile version