Topskuts wys veelsydigheid by rondomtalieskiet

Die skietbaan buite die stad was onlangs ‘n miernes van bedrywigheid toe 92 skuts aangelê het vir die elfde jaarlikse rondomtalieskietdag wat deur die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) georganiseer is. Volgens Rudi Myburgh, voorsitter van die vereniging het skuts in afdelings vir windbukse, .22LR gewere, handwapens, jagge­were, ‘Big bore’ vir geweerkalibers groter as 9,3 mm en …

Die skietbaan buite die stad was onlangs ‘n miernes van bedrywigheid toe 92 skuts aangelê het vir die elfde jaarlikse rondomtalieskietdag wat deur die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) georganiseer is.
Volgens Rudi Myburgh, voorsitter van die vereniging het skuts in afdelings vir windbukse, .22LR gewere, handwapens, jagge­were, ‘Big bore’ vir geweerkalibers groter as 9,3 mm en haelgewere deelgeneem waarvoor 73 pryse uitgeloof is.
“Wat die dag uniek maak, is dat deelnemende skuts presteerders in een of twee items is, maar aan al die afdelings moes deelneem. ‘n Goeie geweerskut kan baie goed in jaggeweerskiet vaar, maar dalk minder goed in die handwapen- of haelgeweerskietafdelings,” verduidelik Myburgh.
Die wenner in die kleingeweerafdeling vir windbuks- en .22 LR-skiet was Joseph Fourie met JJ Potgieter in die tweede plek. Thomas Grobler en Roelof Myburgh was onderskeidelik in die eerste en tweede plek in die handwa­penskietafdeling. In die jaggeweerafdeling was Theo Gerhardt die topskut met ‘n voltal op die jaggeweertabel asook beste manskut en algehele wenner. André Jonker was die naaswenner in die jaggeweerskiet-afdeling en algehele naaswenner terwyl hy in die ‘Big bore’-afdeling met volpunte baas was.
Rudi Myburgh was in die tweede plek, terwyl André Fichardt en Pieter Grimbeek onderskeidelik eerste en tweede in die haelgeweerafdeling geëindig het.
Varindi Smit is as beste laerskoolmeisieskut aangewys met Dré Jonker as wenner in die laerskoolseunskategorie. Roelof Myburgh en Shauné Otto was die beste hoërskoolseun- en hoërskoolmeisieskuts.
Hester Myburgh het as algehele wenner van die vrouekategorie weggestap, terwyl Gerhardt die beste mansskut was. André Jonker was tweede, Francois Reynolds derde, Pieter Grimbeek vierde en Rudi Myburgh was in die vyfdeplek. Myburgh het ook ‘n voltal op die ‘Big bore’-tabel geskiet. André Fichardt het ‘n voltal op die haelgeweertabel geskiet.

Story and photos: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Featured photo: Hans Zimmermann, Theo van der Wath, Henk Stander en Hussain Moosa gereed om mekaar in die handwapenafdeling van die BJV se rondomtalieskietdag te takel.

Taylor Smith op die skietbaan.
Van die deelnemers aan die skietdag is Toffie Potgieter en Pieter en Antoinette Swanevelder, voor. Agter is Alan van Rooyen, Johan Erasmus en Tienie Janse van Vuuren.
Exit mobile version