Sport

Karatekas ryg medaljes in

Die Alle Style Vriendskap­like Karatekampioenskappe wat onlangs deur JKA Polokwane Karateklub by Hoërskool Nooderland aangebied is, het 144 karatekas van 12 Limpopo-klubs gelok. JKA-Polokwanelede, onder leiding van sensei, Piet van Rensburg het uitstekend gevaar en 13 goue-, 13 silwer- en 11 bronsmedaljes verwerf. Deelnemers het in sty­le soos shukokai en kofukan, wat deur Japan Karate …

Die Alle Style Vriendskap­like Karatekampioenskappe wat onlangs deur JKA Polokwane Karateklub by Hoërskool Nooderland aangebied is, het 144 karatekas van 12 Limpopo-klubs gelok.
JKA-Polokwanelede, onder leiding van sensei, Piet van Rensburg het uitstekend gevaar en 13 goue-, 13 silwer- en 11 bronsmedaljes verwerf.
Deelnemers het in sty­le soos shukokai en kofukan, wat deur Japan Karate Association (JKA) en Japan Karate Shoto (JKS) onderskryf word, meegeding.

Storie: RC Myburgh >>rc.observer@gmail.com

Fotos: Alet-Elize van Jaarsveld >>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Die juniorkaratekas van JKA Polokwane Karateklub spog met die medaljes wat hulle tydens die Alle Style Vriendskaplike Karatekampioenskappe verower het. Voor is Logan da Silva, Stephan Janse van Rensburg, Ben Vorster, Leandré Coetzee en Kabelo Mawasha. Agter is Aynaz Halajian, Nathan Weideman, Henri Purcocks, Cornia Claassens en Paul Snyman.

Seniorkaratekas van JKA Polokwane Karateklub wat medaljes tydens die onlangse Alle Style Vriendskaplike Karatekampioenskappe verower het, is, voor, Yolandi Vorster, Abraham Masheane, Griinga Maudu, Valerie Nepgen, Ben Vorster, Terrens van Wyk, Marisa Classens en Gadima Seriti. Agter is Christiaan Jordaan, Coenrad Scheepers, Heinrigh Scheepers, Schalk Boltman, David Jordaan, Costley Maoto en Eliphus Ntata.

Related Articles

Back to top button