Sport

Tzaneen kraai koning op rolbalbaan

Alhoewel die Tzaneenspan die oorhand gehad het, het Polokwane nie ver teruggestaan nie en is as naaswenners tydens Polokwane Rolbalklub se Polokwane Platinumtoernooi aangewys. Die span van Lekkerbreek buite Mookgophong is derde. Elke rolbalklub in die provinsie bied jaarliks ‘n toernooi aan en dié keer was Polokwane se beurt om rolbalspelers van regoor die provinsie …

Alhoewel die Tzaneenspan die oorhand gehad het, het Polokwane nie ver teruggestaan nie en is as naaswenners tydens Polokwane Rolbalklub se Polokwane Platinumtoernooi aangewys.
Die span van Lekkerbreek buite Mookgophong is derde.
Elke rolbalklub in die provinsie bied jaarliks ‘n toernooi aan en dié keer was Polokwane se beurt om rolbalspelers van regoor die provinsie te lok om mekaar die stryd aan te sê.
“Elke klub moes gemengde spanne met mans en vrouens van vier lede elk inskryf en die aksie het Saterdagoggend vroeg reeds begin. Die kompetisie was sterk se­dert die eerste kegel gerol is en deelnemers het gesweet om die voortou te neem. Die tweedaagse kompetisie het op ‘n hoë noot geëindig met Tzaneen wat bobaas was,” sê Polokwane Rolbalklublid, Issie Coertze.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Lizette Deacon in aksie tydens die Polo­kwane Platinumtoernooi. 

Bridget Calitz hou die kegel fyn tot by die kietie dop.
Bridget Calitz hou die kegel fyn tot by die kietie dop.
Hettie Deacon laat waai met die kegel.
Hettie Deacon laat waai met die kegel.

Related Articles

Back to top button