Sport

Plaaslike karatekas wys hul is wêreldklas

Vier karatekas van die plaaslike karateklub, Kimura Shukokai het verskeie medaljes tydens die Kimura Shukokai International Wêreldkampioenskappe gewen. Heinrich Heins het ‘n silwermedalje in kata verower terwyl die span van Tumi Ncube, Kwete Kganyago en Bukulu Godlwana ‘n bronsmedalje in junisonkata gewen het. Die toernooi is van 20 tot 23 Julie in Duitsland gehou waaraan …

Vier karatekas van die plaaslike karateklub, Kimura Shukokai het verskeie medaljes tydens die Kimura Shukokai International Wêreldkampioenskappe gewen.
Heinrich Heins het ‘n silwermedalje in kata verower terwyl die span van Tumi Ncube, Kwete Kganyago en Bukulu Godlwana ‘n bronsmedalje in junisonkata gewen het.
Die toernooi is van 20 tot 23 Julie in Duitsland gehou waaraan ongeveer 15 lande deelgeneem het.
“Die wêreld se topkaratekas het vir sterk kompetisie gesorg, maar ons het nie teruggestaan nie. Ek is trots op ons deelnemers. Alhoewel dit grootliks oor die medaljes gaan, is die ondervinding van groot waarde. Om net vir die Suid-Afrikaanse span gekies te word, is reeds ‘n groot prestasie,” sê sensei Marcia van Niekerk wat bygevoeg het dat klublede nou al begin voorberei vir die volgende wêreldkampioenskappe wat oor twee jaar in Engeland aangebied word.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Featured photo: Heinrich Heins, silwermedaljewenner van die  Kimura Shukokai Internasionale Wêreldkampioenskappe saam met sensei, Marcia van Niekerk.

Tumi Ncube, Kwete Kganyago, Bukulu Godlwana en Marcia van Niekerk.
Tumi Ncube, Kwete Kganyago, Bukulu Godlwana en Marcia van Niekerk.

Related Articles

Back to top button