Sport

Jukskeispelers tof op vir opedag

Deelnemende spanne wat aan die onlangse opedag by die Pietersburg Jukskeiklub deelgeneem het, kon volgens selfgekose temas aantrek om gesonde sportmangees te bevorder. Van die ‘Crazy Clowns’ tot die ‘Pajama Crew’ het deelgeneem. Die spanne is in A-, B- en C-afdelings ingedeel. Die Swane-poel-span van Pietersburg Jukskeiklub het die A-afdeling gewen met Thabazimbi Jukskeiklub wat …

Deelnemende spanne wat aan die onlangse opedag by die Pietersburg Jukskeiklub deelgeneem het, kon volgens selfgekose temas aantrek om gesonde sportmangees te bevorder.
Van die ‘Crazy Clowns’ tot die ‘Pajama Crew’ het deelgeneem.
Die spanne is in A-, B- en C-afdelings ingedeel. Die Swane-poel-span van Pietersburg Jukskeiklub het die A-afdeling gewen met Thabazimbi Jukskeiklub wat as wenners uit die B-afdeling getree het. Die ‘Pajama Crew’ was definitief nie aan die slaap nie en het die ander spanne in die C-afdeling uitgestof.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die kaptein van die Swane-poel-span, Bernard Pretorius wys vir sy spanmaat hoe ver ‘n skei van die pen af lê.

Werner Viljoen was deel van die ‘Crazy Clowns’.
Werner Viljoen was deel van die ‘Crazy Clowns’.
Andri Marais lyk prettig in pienk pajamas.
Andri Marais lyk prettig in pienk pajamas.

Related Articles

Back to top button