Sport

Dendron wen agtste wedstryd vir seisoen

Die rugbyklub van Dendron het Saterdag skoonskip teen Letaba-rugbyklub gemaak toe hulle die Letabaspan op hul tuisveld aangevat het. Tydens die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders laat les opsê en 24-12 gewen. Dit was die span se agste wenwedstryd vir die seisoen. Henry Venter, hoofafrigter sê die spelers het hul harte uitgespeel en Jaco …

Die rugbyklub van Dendron het Saterdag skoonskip teen Letaba-rugbyklub gemaak toe hulle die Letabaspan op hul tuisveld aangevat het.
Tydens die Boet Fickliga-wedstryd het Dendron hulle teenstanders laat les opsê en 24-12 gewen. Dit was die span se agste wenwedstryd vir die seisoen.
Henry Venter, hoofafrigter sê die spelers het hul harte uitgespeel en Jaco Steyn is as speler van die wedstryd aangewys.
Dendron pak Saterdag Pietersburg Dorp Rugbyklub op hul tuisveld.

Featured Foto: Leandri van Schalkwyk – Adolf Swanepoel van Dendron Rugbyklub.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button