Sport

Topfiks op 70, verbeter rekords

Meeste mense sit op 70 jaar op die stoep met ‘n kierie en tuur oor die vlaktes of see en wag vir die kleinkinders se kuier. Nie Johan van Graan nie. Hy het Saterdag, presies 36 jaar nadat hy vir die eerste keer aan die Nylstroom/Bela-Bela-wedloop oor 28 km deelgeneem het, weer aangetree om dit …

Meeste mense sit op 70 jaar op die stoep met ‘n kierie en tuur oor die vlaktes of see en wag vir die kleinkinders se kuier.
Nie Johan van Graan nie.
Hy het Saterdag, presies 36 jaar nadat hy vir die eerste keer aan die Nylstroom/Bela-Bela-wedloop oor 28 km deelgeneem het, weer aangetree om dit vir die 14 de keer in drie uur en 39 minute as groot-grootmeester te voltooi.
Hy is die eerste atleet wat die wedloop as senior, veteraan, meester, grootmeester en groot-grootmeester voltooi. Die wedloop is tans as die Waterberg Executive Mayors Road Race bekend.
Polokwane Observer het in 2006 oor Van Graan berig wat die wedloop as 60-jarige in 2:52.00 voltooi het en ‘n spesiale tekenning van die Nylstroom Marathonklub vir sy deelname oor ‘n tydperk van 21 jaar ontvang het. Hy het in 1980 vir die eerste keer as novice-atleet deelgeneem en in 1993 sy beste tyd, 2:06.39, opgestel.
Van Graan, ‘n Polokwane Atletiekklublid (PAC) het die Comrades al 11 keer voltooi en het op 30 April die Polokwane Parkrun-rekord oor 5 km vir 70-plussermans na ‘n vinnige 31:35 verbeter.

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button