Sport

Noordelikes maak stem dik teen Mankweng, UL

Die twee plaaslike rugbyklubs, Goldwagen Noordelikes en Pietersburg Dorp het die naweek sake uitgespook in die sewende ronde van die jaarlikse Boet Fickliga. Die onoorwonne rooi masjien, Noordelikes, het Saterdag op hul tuisveld weer gewys dat hulle vir geen span hoef terug te staan nie. Die tweedespan het ‘n harde wedstryd teen die Universiteit van …

Die twee plaaslike rugbyklubs, Goldwagen Noordelikes en Pietersburg Dorp het die naweek sake uitgespook in die sewende ronde van die jaarlikse Boet Fickliga.
Die onoorwonne rooi masjien, Noordelikes, het Saterdag op hul tuisveld weer gewys dat hulle vir geen span hoef terug te staan nie.
Die tweedespan het ‘n harde wedstryd teen die Universiteit van Limpopo (UL) gehad en het moeilik deur hul opponente se verdediging gebreek, maar uiteidelik die botoon met 27-25 gevoer.
Die eerstespan het oor Mankweng Rugbyklub geloop en ‘n wegholoorwinning van 105-0 behaal. Intussen het Pietersburg Dorp ‘n moeilike tyd op Letaba Rugbyklub se tuisveld beleef. As gevolg van baie beserings en spelers wat ander verpligtinge gehad het, het slegs Dorp se eerstespan Saterdag gespeel en sleg verloor met 5-52.
Dorp het Saterdag ‘n loslootjie terwyl Noordelikes teen die Universiteit van Venda en Musina te staan kom.

Hoof Foto: RC Myburgh – Hendrie Moolman van Noordelikes se tweedespan breek deur UL se verdediging.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button