‘Waterpunte het hul uitstekend van hul taak gekwyt’- Colinda Potgieter

Die begeesterde personeel van maatskappye wat waterpunte tydens Saterdag se Mall of the North Marathon hanteer het, moes bontstaan om deurentyd op ‘n gereedheidsvlak te wees om sowat 3 000 atlete se dors te les, seker te maak hulle het iets te ete en hulle terselfdertyd gemotiveer te hou. Polokwane Observer, wedloopmediaborg, is deur atlete …

Die begeesterde personeel van maatskappye wat waterpunte tydens Saterdag se Mall of the North Marathon hanteer het, moes bontstaan om deurentyd op ‘n gereedheidsvlak te wees om sowat 3 000 atlete se dors te les, seker te maak hulle het iets te ete en hulle terselfdertyd gemotiveer te hou.
Polokwane Observer, wedloopmediaborg, is deur atlete en organiseerders vir hul uitstaande gees geloof.
Colinda Potgieter, voorsitter van Pietersburg Road Runners-atletiekklub en wedlooporganiseerder, sê hulle het slegs positiewe te-rugvoering van atlete oor die waterpunte ontvang. “Atlete praat net goed van al die waterpunte en sê die gees en ondersteuning was uitste-kend. Ons hoop om volgende weer dieselfde spanne aan boord te hê wat dit vir atlete aangenaam op die roete maak.”
Talisman Hire Polokwane is as die wenwaterpunt aangewys met Standard Bank as naaswenners.
Powerade en Coca-Cola Fortune het hul uitstekend van hul taak by die eindpunt gekwyt.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version