Reën demp nie pret by 4×4-byeenkoms

4×4-geesdriftiges van die Limpopo 4×4-Klub het onlangs te midde van reënbuie met hul byeenkoms op die Silikonpad voortgegaan. Geen hindernistrajekte het plaasgevind nie omdat die baan plek-plek oorstroom was. Toeskouers het versigtig opsygestaan terwyl die spesiaal omgeboude voertuie deur die modder geploeter het, maar dit was duidelik dat veral die jonger 4×4-entoesiaste hul nie deur …

4×4-geesdriftiges van die Limpopo 4×4-Klub het onlangs te midde van reënbuie met hul byeenkoms op die Silikonpad voortgegaan.
Geen hindernistrajekte het plaasgevind nie omdat die baan plek-plek oorstroom was.
Toeskouers het versigtig opsygestaan terwyl die spesiaal omgeboude voertuie deur die modder geploeter het, maar dit was duidelik dat veral die jonger 4×4-entoesiaste hul nie deur die modder laat afskrik het nie.

Foto’s: Barry Viljoen
Jack Paulsen sleep ‘n buiteband in sy Toyota Hilux oor die modderbaan.

Die klubvoorsitter, Martin Groenewald sê die dag is aangebied om bestuurders geleent­heid te gee om hul voertuie se vermoëns te toets, maar uiteindelik was dit ‘n pretdag met vele deelnemers wat in die modder baljaar het.

Hoof Foto: Chantelle Pallas, Jakkie Uys, Hugo en Louisa Pallas, Kosie Fi­chardt, Hendrik de Beer, Massie Fichardt en Bernard Radmore by die span se Willys Jeep wat ‘Raap n Skraap’ gedoop is.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version