Boet Fickliga goed op dreef
Die eerste wedstryde van die jaarlikse Boet Fick-rugbyliga is verlede naweek gespeel. Pietersburg Dorp Rugbyklub, wat vanjaar weer in die seniorliga speel, se eersterugbyspan het Mankweng Rugby Club met 45-10 vermorsel. Johan Bekker het twee drieë gedruk en vyf keer die bal tussen die pale deurgestuur. Tyson Monti, Johan Engelbrecht, Solomon Vermaak, Roan Viljoen en …

Die eerste wedstryde van die jaarlikse Boet Fick-rugbyliga is verlede naweek gespeel.
Pietersburg Dorp Rugbyklub, wat vanjaar weer in die seniorliga speel, se eersterugbyspan het Mankweng Rugby Club met 45-10 vermorsel.
Johan Bekker het twee drieë gedruk en vyf keer die bal tussen die pale deurgestuur. Tyson Monti, Johan Engelbrecht, Solomon Vermaak, Roan Viljoen en Hanno Du Toit het elk ‘n slag agter die pale gaan kuier. Juan Vos het ook met ‘n skepskop geslaag.
Dorp se tweedespan was nie so gelukkig teen die span van die Universiteit van Limpopo (UL) nie. Hoewel Johan Heyneke en Marius van Niekerk elk ‘n drie gedruk het en Danny Mahno met ‘n doelskop geslaag het, het UL die wedstryd maklik met 59-12 gewen.
Dorp speel Saterdag teen Louis Trichardt terwyl Goldwagen Noordelikes Rugbyklub teen Letaba uitdraf. Beide spanne sal hul teenstanders op dié se speelveld aandurf.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



