Gesogte Mall of the North Marathon kruip nader

Atlete kan vanjaar slegs vooraf tot 31 Maart vir die gewilde Mall of the North Marathon inskryf wat op 9 April in die stad plaasvind en waartydens groot pryse gewen kan word. Pietersburg Road Runners beman spesiaal vir dié doel ’n kiosk in Mall of the North, by die roltrap voor Game, tot 8 April. …

Atlete kan vanjaar slegs vooraf tot 31 Maart vir die gewilde Mall of the North Marathon inskryf wat op 9 April in die stad plaasvind en waartydens groot pryse gewen kan word.
Pietersburg Road Runners beman spesiaal vir dié doel ’n kiosk in Mall of the North, by die roltrap voor Game, tot 8 April. Die kiosk is daagliks van 09:00 oop. Maandae tot Vrydae sluit hul 18:00, Saterdae 16:00 en Sondae 14:00
Die marathon is die ideale geleentheid vir laatslapers om nog vir die Comrades te kwalifiseer en kos R150. Wegspringtyd is 06:00.
Die inskrywingsfooi vir die halfmarathon is R100 en atlete spring om 06:15 weg.
Die 10 km kos R80 en at­­lete spring om 06:30 weg. Atlete wat die 5 km wil voltooi, moet R40 opdok en om 07:00 aantree.
Al die atlete spring by Mall of the North by die oorloopparkeringsarea weg waar die wedloop ook eindig. Tydelike lisensies kos R30 ekstra.
Inskrywingsvorms is ook by Total Sports in Mall of the North en Sportmans Warehouse by Thornhill, Fourways en Centurion beskikbaar. Vooraf aanlyninskrywings kan by www.mallofthenorth.co.za gedoen word.
Wedloopnommers, met betalingsbewys en wedloop­nommer wat via SMS aan atlete toegeken is, kan van 1 tot 8 April by dieselfde kiosk afgehaal word of op 8 April van 16:00 tot 20:00 by die wedloop gedoen word. Alternatiewelik kan dit op die wedloopdag tussen 04:30 en 06:00 gedoen word.
Goue medaljes word aan die eerste drie atlete in elke kategorie toegeken, silwer medaljes gaan aan die volgende 50 atlete in elk van die vier kategorieë en brons medaljes aan die res wat die onderskeie wedlope voltooi.
Afsonderlike prysuitdelings sal as volg plaasvind: 10 km om 08:00, 21,1 km om 09:00 en die 42,2 km om 11:00.
Vir enige navrae kan die wedlooporganiseerder, Colinda Potgieter van Pietersburg Road Runners by 082 898 8341 of Johan van der Merwe by 082 877 3640 geskakel word.

Featured Photo: Johanna Mashishi sien toe dat Polo­kwane-inwoner, Mokgadi Mothapo, haar inskrywings­vorm vir die 5 km-pretloop wat op 9 April, as deel van Mall of the North Marathon, in die stad plaasvind, volledig voltooi. Voornemende deelnemers kan die kiosk naby Game se ingang daagliks van 09:00 besoek om vir hierdie opwin­dende geleentheid in te skryf.

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version