Karatekas van twee plaaslike klubs, JKA Carpe Diem en Pietersburg JKA Karateklub het onlangs provinsiale kleure verwerf en gaan op 20 en 21 Mei aan die Suid-Afrikaanse JKA Kampioenskappe in Johannesburg deelneem.
Hoof Foto: Foto: RC Myburgh – Karatekas van Pietersburg JKA Karateklub wat in Mei aan die Suid-Afrikaanse JKA Kampioenskappe deelneem is Anika Badenhorst en Stephan van Rensburg. In die tweede ry is Klarissa Stelzer, Paul Snyman en Nathan Weideman. In die derde ry is Gadima Seriti, Marisa Claassens, Cornea Claassens, Terrens Van Wyk, Oriinga Maudu en Abram Mashione. Agter is Koos Hartzenberg, sensei Piet van Rensburg en Manie Greyling. JJ Hartzenberg, William Malebana en Malesela Malebana was afwesig.