Sport

Noordelikes tweede in Assupol-reeks

Goldwagen Noordelikes Rugbyklub het Saterdag ‘n harde wedstryd in die finaal van die Assupol-reeks teen Northam Rugbyklub gespeel en met vier punte verloor wat hulle die algehele tweedeplek in die reeks besorg het. Volgens die hoofafrigter, Frederik Romijn was dit van meet af aan ‘n naelbytstryd. “Ons was teen rustyd met een punt agter met …

Goldwagen Noordelikes Rugbyklub het Saterdag ‘n harde wedstryd in die finaal van die Assupol-reeks teen Northam Rugbyklub gespeel en met vier punte verloor wat hulle die algehele tweedeplek in die reeks besorg het.
Volgens die hoofafrigter, Frederik Romijn was dit van meet af aan ‘n naelbytstryd.
“Ons was teen rustyd met een punt agter met die telling 22-23. Tien sekondes voor die eindfluitjie was die rooi masjien met 42-39 voor, maar ons het ‘n vinnige drie en doelskop aan Northam afgestaan en met 42-46 verloor,” sê hy.
Wouter de Villiers het ‘n goeie wedstryd met drie drieë gehad terwyl Koning Janse van Rensburg en Thyman Jongbloed elk ‘n drie gedruk het.
Alwyn Olivier het die bal sewe keer tussen die pale deurgestuur.
Rugbyliefhebbers kan nou begin uitsien na die gewilde Boet Fickliga wat Saterdag begin. Die speelrooster was nog nie teen druktyd beskikbaar nie.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button