Gholfdag ten bate van Bybelverspreiding

‘n Gholfdag wat deur plaaslike leraar, Cobus Scheepers en besigheidsman, Glen Steyn georganiseer is, het Saterdag by die Universiteit van Limpopo se gholfbaan plaasgevind. “Die opbrengs van die dag sal vir Bybelverspreiding in buurlande, waar meeste mense dit nie kan bekostig om hulle eie Bybels te koop nie, geskenk word. Ons het baie positiewe terugvoering …

‘n Gholfdag wat deur plaaslike leraar, Cobus Scheepers en besigheidsman, Glen Steyn georganiseer is, het Saterdag by die Universiteit van Limpopo se gholfbaan plaasgevind.
“Die opbrengs van die dag sal vir Bybelverspreiding in buurlande, waar meeste mense dit nie kan bekostig om hulle eie Bybels te koop nie, geskenk word. Ons het baie positiewe terugvoering van spelers ontvang en die baan was pragtig na afgelope tyd se goeie reën,” sê Steyn.

Links: Foto’s: RC Myburgh  Schalk Lombard speel ‘n hou op die setperk.  Regs: Franco Welman speel sy laaste hou.
Links: Foto’s: RC Myburgh
Schalk Lombard speel ‘n hou op die setperk. Regs: Franco Welman speel sy laaste hou.

Beide organiseerders het die borge en spelers vir hul ondersteuning bedank.
Mosima Kgole en Wiida van Jaarsveldt het as wenners uit die stryd getree, gevolg deur Johan Peyper en Ben Bronkhorst as naaswenners.
Gerrie en Gerhard Lourens was derde, gevolg deur André van Staden en Schalk Lombard in die vierde plek.
Die vyfde en sesde plekwenners was onderskeidelik Callie Jones en Gordon Hayes en Brad Hixon en Mark Raley.

Hoof Foto: Viida van Jaarsveldt speel die bal tot op die setperk. Sy en haar spanmaat, Mosima Kgole was die wenners. 

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version