Sport

Thomas Joubert aan stuur by rugbyklub

Die nuutaangestelde hoof-afrigter van Pietersburg Dorp Rugbyklub, Thomas Joubert, se missie is om die klub na hoër hoogtes te neem al beteken dit om eers korttermyndoelwitte te stel en te bereik. “Daar gaan definitief nuwe standaarde gestel word, maar my doel is om oefening vir spelers aangenaam te maak om te verseker dat hulle sal …

Die nuutaangestelde hoof-afrigter van Pietersburg Dorp Rugbyklub, Thomas Joubert, se missie is om die klub na hoër hoogtes te neem al beteken dit om eers korttermyndoelwitte te stel en te bereik.
“Daar gaan definitief nuwe standaarde gestel word, maar my doel is om oefening vir spelers aangenaam te maak om te verseker dat hulle sal terugkom. Die topspanne in die wêreld funksioneer binne die strukture van die afrigter, maar word steeds toegelaat om hulle eie strate-gie te volg wat daartoe bydra dat hulle passie vir die spel aanhou groei en hulle dit toenemend geniet om rugby te speel,” sê Joubert wat hoop om dieselfde met Pietersburg Dorp te bereik.
Joubert is self ‘n gesoute rugbyspeler wat onlangs sy rugbystewels opgehang en eerder besluit het om die skoene as afrigter vol te staan.
Na sy matriekjaar aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (Tommies) het hy verskeie kursusse in afrigting en kondisione-ring voltooi. Hy het onder andere kursusse in generiese sportaf-rigting en die Internasionale Rugbyraad (IRB) se vlak een en twee afrigtingkursusse voltooi. Hy is ook ‘n gekwalifiseerde International Sports Sciences Association (ISSA)-persoonlike afrigter wat in krag en kondisionering spesialiseer.
Joubert het reeds diep spore in plaaslike skole se rugbyvelde getrap en verskeie spanne afgerig. Sedert 2000 het hy onder meer by Hoërskool Pietersburg (PHS), Tommies, PEPPS Preparatory School and College, Curro Heuwelkruin en Capricorn High School sy stempel afgedruk.
“Fiksheid is die belangrikste eienskap van ‘n goeie rugbyspeler. Die standaard wat gelig sal word, sal definitief ‘n hoë fiksheidsvlak insluit. Ek wil graag die klub volgende jaar sien pres-teer in die Boet Fick-liga en hoop dat hulle minstens die semifinaal sal haal. Die jaar daarna moet hulle wen en deel wees van die Cell C Community Cup. Ons sal klein begin, maar groot dink tot ons ons doelwitte bereik het,” sê Jordaan.
Joubert hou verskeie uitda-gings in gedagte. “Om gemoti-veerde en toegewyde spelers te werf, is nie maklik nie. Die spelers moet gemotiveerd bly gedurende oefensessies, dit moet vir hulle lekker bly, maar terselfdertyd moet hulle fiks word om die beste span te wees.”
Hy begin reeds vroeg in Januarie met oefening. Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Joubert by 072 534 0236 skakel of ‘n e-pos aan
tjoubert700@gmail.com stuur. Pierre Venter kan ook by 078 225 1709 geskakel word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button