Tafelronde Impala 157 reik uit na Samaritane

Nadat die huis van plaaslike gemeenskapsmobiliseerder, Juanita Haken onlangs in ‘n brand verwoes is en sy en haar gesin alles verloor het, het lede van Tafelronde Impala 157 ingespring om haar by te staan. Haken en haar man, Angus, samel geld, goedere en kruideniersware in en skenk dit aan minder bevoorregte gesinne in Polokwa-ne. Hulle …

Nadat die huis van plaaslike gemeenskapsmobiliseerder, Juanita Haken onlangs in ‘n brand verwoes is en sy en haar gesin alles verloor het, het lede van Tafelronde Impala 157 ingespring om haar by te staan.
Haken en haar man, Angus, samel geld, goedere en kruideniersware in en skenk dit aan minder bevoorregte gesinne in Polokwa-ne. Hulle noem hierdie inisiatief Polokwane Behoeftiges.
Donovan Snyman, voorsitter van Tafelronde Impala sê dat hy en lede van die organisasie besluit het om Haken te help. Meubels, klere, kos en elektriese apparate is onder mekaar, familie, vriende en die gemeenskap bymekaar gemaak en Saterdag aan Haken geskenk.
“Ons samel geld uit die gemeenskap in en ploeg dit weer terug. Dit is wonderlik om glimlagte op mense se gesigte te sit met elke projek wat ons aanpak en om die lewe vir hulle makliker te maak,” sê Snyman.
Tafelronde Impala 157 se lede is sakemanne tussen die ouderdomme van 18 tot 40 jaar wat ‘n verskil in die gemeenskap maak. Hulle daag ook besighede en individue uit om ook mense in nood by te staan.
Volgens Haken is tien sakke klere en Kersgeskenke in die brand verwoes.‘n Forensiese verslag het Dinsdag bepaal dat ‘n kers op die bed in een van die buitegeboue die oorsaak van die brand was.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version