Karateklub vereer presteerders

Uitblinkers van JKA Carpe Diem Karateklub is Vrydagaand tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling vereer. Fred Scott jr (beste gradering, juniorseuns), Franco Lingenfelder (meeste inspanning, seuns), Emmanuel Manaka (beste kata, juniorseuns) en Renier du Toit (beste kumite, juniorseuns en Karateka van die Jaar) het hul toekennings met trots ontvang, terwyl Danie Steenberg (beste gradering, seniormans), …

Uitblinkers van JKA Carpe Diem Karateklub is Vrydagaand tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling vereer.
Fred Scott jr (beste gradering, juniorseuns), Franco Lingenfelder (meeste inspanning, seuns), Emmanuel Manaka (beste kata, juniorseuns) en Renier du Toit (beste kumite, juniorseuns en Karateka van die Jaar) het hul toekennings met trots ontvang, terwyl Danie Steenberg (beste gradering, seniormans), Ruan Stander (beste kumite, senior mans), Dave Deysel (Kinkel in die Kabel), Fred Scott (beste kata, seniormans), Valerie Nepgen (beste meisiekatakadet, beste meisiekumitekadet en Hero van die Jaar) en Jean Stoffberg (beste seunskadet) nie teruggestaan het nie.
Die Kinkel in die Kabel is die persoon wat gedurende die jaar baie gedoen het vir die klub of uitsonderlik presteer het, terwyl die Hero van die Jaar altyd bereid was om meer vir die klub te doen as wat verwag word.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version