Sport

Rolbal enkelspelers spook sake uit

Pietersburg Rolbalklub se bane was vir twee dae die vesting van die Limpopo Rolbal Enkelspelkampioenskappe wat Saterdag en Sondag aangebied is. Die senior mans en vrouens was Saterdag aan die beurt om te kyk wie die naaste aan die tiekie (wit bal) kan kom terwyl die ope-afdeling van die kompetisie Sondag gehou is. In die …

Pietersburg Rolbalklub se bane was vir twee dae die vesting van die Limpopo Rolbal Enkelspelkampioenskappe wat Saterdag en Sondag aangebied is.
Die senior mans en vrouens was Saterdag aan die beurt om te kyk wie die naaste aan die tiekie (wit bal) kan kom terwyl die ope-afdeling van die kompetisie Sondag gehou is.
In die senior vroue-afdeling het Bessie de Beer (Mokopane), Marie Pretorius (Mookgophong) en Hettie Deacon (Polokwane) onderskeidelik die eerste drie plekke verower.
Plaaslike speler, Christo van der Merwe, behaal ‘n eerste plek in die mans ope-afdeling met Zane Sanie (Modjadjiskloof) en Chris O’Reily (Lekkerbreek) onderskeidelik in die tweede en derde plek.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

John Ferns rol die tiekie.
John Ferns rol die tiekie.
Issie Coetzer staar die hout agterna.
Issie Coetzer staar die hout agterna.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button