Rolbal enkelspelers spook sake uit

Pietersburg Rolbalklub se bane was vir twee dae die vesting van die Limpopo Rolbal Enkelspelkampioenskappe wat Saterdag en Sondag aangebied is. Die senior mans en vrouens was Saterdag aan die beurt om te kyk wie die naaste aan die tiekie (wit bal) kan kom terwyl die ope-afdeling van die kompetisie Sondag gehou is. In die …

Pietersburg Rolbalklub se bane was vir twee dae die vesting van die Limpopo Rolbal Enkelspelkampioenskappe wat Saterdag en Sondag aangebied is.
Die senior mans en vrouens was Saterdag aan die beurt om te kyk wie die naaste aan die tiekie (wit bal) kan kom terwyl die ope-afdeling van die kompetisie Sondag gehou is.
In die senior vroue-afdeling het Bessie de Beer (Mokopane), Marie Pretorius (Mookgophong) en Hettie Deacon (Polokwane) onderskeidelik die eerste drie plekke verower.
Plaaslike speler, Christo van der Merwe, behaal ‘n eerste plek in die mans ope-afdeling met Zane Sanie (Modjadjiskloof) en Chris O’Reily (Lekkerbreek) onderskeidelik in die tweede en derde plek.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

John Ferns rol die tiekie.
Issie Coetzer staar die hout agterna.

 

Exit mobile version