Federasie vereer skuts

Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe­derasie van Limpopo het Saterdagaand hul jaarlikse prysuitdeling gehou om jonk en oud vir uitstaande prestasies gedurende die jaar te vereer. Onder die jongklomp het Hanré Willemse met nege toekennings weggestap. Hy word as kampioen in die volgende penkopafdelings aangewys: CO² lugpistool en -geweer, kleingeweer .22 en grootgeweer. Hy word ook …

Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe­derasie van Limpopo het Saterdagaand hul jaarlikse prysuitdeling gehou om jonk en oud vir uitstaande prestasies gedurende die jaar te vereer.
Onder die jongklomp het Hanré Willemse met nege toekennings weggestap. Hy word as kampioen in die volgende penkopafdelings aangewys: CO² lugpistool en -geweer, kleingeweer .22 en grootgeweer. Hy word ook vereer omdat hy onderskeidelik twee silwer en een bronsmedalje tydens die nasionale kampioenskappe in die luggeweer-, lugpistool- en grootgeweer-afdeling verower het sowel as nasionale kleure. Boonop word die belowende jongeling as beste opkomende juniorskut aangewys.
Sy pa, Hannes, het self ook die sertifikate en trofeë ingeryg. Hy het vroeër nasionale kleure ontvang en word as luggeweer en -pistool manskampioen aangewys. Hy word ook vereer vir sy deelname aan die nasionale kampioenskappe in die luggeweer-, lugpistool-, handwapen-, kleingeweer-, haelgeweer-, grootgeweer- en luggeweerveer-afdeling wat hom die veelsydigste skut in baansport vir 2015 maak. Hy ontvang ook die kameradetrofee.
Christo Pretorius ontvang sertifikate vir sy deelname op nasionale vlak aan voël- en geweerjag en die skiet van die grootste blouwildebees. Hy presteer ook tydens die nasionale kampioenskappe in die kategorieë vir haelgeweer, grootgeweer, luggeweer veer, boog en kleingeweer. Hy word ook as haelgeweerjagkampioen en All Rounder van die Jaar aangewys.
Jannie van Wyk het ook verskeie toekennings ingepalm waaronder sertifikate in geweerjag vir die grootste vlakvark en eland vir die jaar. Van Wyk word ook vereer vir sy prestasie op nasionale vlak in die handwapen-, haelgeweer-, handwapen ope- en kleingeweer-afdeling en ontvang nasionale kleure as beoordelaar.
Johan Claassens word in die meesters-kategorie vereer vir sy deelname aan die nasionale kampioenskappe in die standaard-, ope handwapen- en kleingeweer-afdeling en word in dieselfde afdeling ook as handwapenkampioen aangewys.
In die vroue-afdeling het Leandri Kruger skoonskip gemaak en met toekennings vir haar deelname aan die nasionale kampioenskappe in die grootgeweer-, kleingeweer- en handwapen-afdeling weggestap waarvoor sy nasionale kleure ontvang het. Sy word ook as grootgeweer-, kleingeweer- en handwapenkampioen aangewys.
Rika van Zyl word vereer vir haar deelname aan die nasionale kampioenskappe in boogskiet en grootgeweer en ontvang provinsiale en nasionale kleure vir boogskiet.
Benewens ander lede wat ook sertifikate en trofeë ontvang het, is van die toptrofeë ook aan Riaan Claassens (geweerjagkampioen) en Johan van Wyk (toegewydsre lid) toegeken.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hannes Willemse.
Christo Pretorius.
Johan van Wyk.
Jannie van Wyk.
Rika van Zyl.
Leandri Kruger.
Exit mobile version