Plaaslike gholfspeler in aksie by nasionale finaal

Pieter Strydom, plaaslike gholfspeler, het Dinsdag by die Selborne Hotel, Spa & Golf Estate in KwaZulu-Natal (KZN) tydens die finale nasionale ronde van die 21ste World Amateur Golfers Championship afgeslaan. Strydom het tydens die onlangse streek-uitdunne by Glendower Golf Club in Johannesburg sy plek in die finaal verseker nadat hy in gure weer ‘n algehele …

Pieter Strydom, plaaslike gholfspeler, het Dinsdag by die Selborne Hotel, Spa & Golf Estate in KwaZulu-Natal (KZN) tydens die finale nasionale ronde van die 21ste World Amateur Golfers Championship afgeslaan.
Strydom het tydens die onlangse streek-uitdunne by Glendower Golf Club in Johannesburg sy plek in die finaal verseker nadat hy in gure weer ‘n algehele tweede plek verower het.
Vandag (Donderdag) is die laaste dag vir Strydom om sake in KZN met die streekwenners van Durban en Kaapstad uit te spook.
Spelers kompeteer vir Springbokkleure en hoop om van 27 November tot 3 Desember aan die wêreldkampioenskappe in Turkye deel te neem.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version