Sport

Plaaslike gholfspeler in aksie by nasionale finaal

Pieter Strydom, plaaslike gholfspeler, het Dinsdag by die Selborne Hotel, Spa & Golf Estate in KwaZulu-Natal (KZN) tydens die finale nasionale ronde van die 21ste World Amateur Golfers Championship afgeslaan. Strydom het tydens die onlangse streek-uitdunne by Glendower Golf Club in Johannesburg sy plek in die finaal verseker nadat hy in gure weer ‘n algehele …

Pieter Strydom, plaaslike gholfspeler, het Dinsdag by die Selborne Hotel, Spa & Golf Estate in KwaZulu-Natal (KZN) tydens die finale nasionale ronde van die 21ste World Amateur Golfers Championship afgeslaan.
Strydom het tydens die onlangse streek-uitdunne by Glendower Golf Club in Johannesburg sy plek in die finaal verseker nadat hy in gure weer ‘n algehele tweede plek verower het.
Vandag (Donderdag) is die laaste dag vir Strydom om sake in KZN met die streekwenners van Durban en Kaapstad uit te spook.
Spelers kompeteer vir Springbokkleure en hoop om van 27 November tot 3 Desember aan die wêreldkampioenskappe in Turkye deel te neem.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button