Sport

Firebirds dra Limpopo-kleure met trots

Verskeie skermkunsatlete van die Firebird Fencing Club is tydens die onlangse provinsiale prysuitdeling vir hul prestasies deur die jaar vereer. Moné McCabe het Limpopo-kleure ontvang en is as beste vrouekadet aangewys. Annerique van der Walt kan ook nou pro-vinsiale kleure oor haar kop trek en is as beste junior vroueskermer aangewys. Michelle Butler is vanjaar …

Verskeie skermkunsatlete van die Firebird Fencing Club is tydens die onlangse provinsiale prysuitdeling vir hul prestasies deur die jaar vereer.
Moné McCabe het Limpopo-kleure ontvang en is as beste vrouekadet aangewys. Annerique van der Walt kan ook nou pro-vinsiale kleure oor haar kop trek en is as beste junior vroueskermer aangewys. Michelle Butler is vanjaar se mees belowende skermer.
Wally Goosen, Jandré Nel, Emme-Jé Hatton, Charl Venter, Jamie Norval, Leon de Villiers en Jaycey Pinn het Limpopo-kleure verwerf.
Skakelbeampte van Firebird Fencing Club, Tersia Goosen, sê skermkuns het eers die afgelope twee jaar regtig belangstelling begin lok en dit is die tweede keer wat Limpopo ‘n prysuitdeling vir skermers hou.
“Die nasionale skermkalender het reeds in September vir die 2015/16 seisoen be-gin met die eerste kompetisie wat by die Universiteit van Pretoria gehou is. Limpopo gaan op 5 en 6 Desember geskiedenis maak wanneer die provinsie vir die eerste keer die National Ranking Competition by die Universiteit van Limpopo aanbied,” sê sy.
Goosen meen dat hulle honderde atlete van regoor die land verwag.
“Ons gaan uithaal en wys sodat ander provinsies kan sien dat Limpopo vir niks en niemand hoef terug te staan nie,” sê sy.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Firebird Fencing Club-skermers wat trofeë ontvang het is voor, Michell Bitler (mees belowende skermer) met Moné McCabe (beste vrouekadet), Wally Goosen (afrigter) en Annerique van der Walt (beste junior vroueskermer) agter.
Firebird Fencing Club-skermers wat trofeë ontvang het is voor, Michell Bitler (mees belowende skermer) met Moné McCabe (beste vrouekadet), Wally Goosen (afrigter) en Annerique van der Walt (beste junior vroueskermer) agter.

 

Related Articles

Back to top button