Sport

Lim Blou Bulle o.21-span deur na finaal

Die Assupol Limpopo Blou Bulle se o.21-span sal uithalerspel moet lewer wanneer hulle Saterdag in Potchefstroom tydens die Curriebekerfinaal teen Suidwestelike Distrikte (SWD) Arende te staan kom. Die Blou Bulle het Saterdag die Griekwas op die Peter Mokaba Stadion met 22-18 afgestof wat hulle ‘n plek in die finaal besorg het. Kallie Jantjies van die …

Die Assupol Limpopo Blou Bulle se o.21-span sal uithalerspel moet lewer wanneer hulle Saterdag in Potchefstroom tydens die Curriebekerfinaal teen Suidwestelike Distrikte (SWD) Arende te staan kom.
Die Blou Bulle het Saterdag die Griekwas op die Peter Mokaba Stadion met 22-18 afgestof wat hulle ‘n plek in die finaal besorg het.
Kallie Jantjies van die Bulle het in die dertiende minuut van die wedstryd ‘n drie gedruk waarna die Griekwas se Jean Cookson sewe minute later ook met ‘n drie geslaag het.
Shepherd Mhembere en Done Davids het voor die halfeindfluitjie agter die pale

gaan kuier wat die halftydtelling op 17-5 te staan gebring het.
Tydens die tweede helfte kon die Bulle se Brian Leitch met ‘n drie slaag terwyl die Griekwas twee keer die bal tot agter die doellyn kon dra. Jean Grobler se skopskoen was uit en hy kon slegs een doelskop tussen die pale deurstuur.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jean Grobler skop pale toe.
Jean Grobler skop pale toe.
David Pieterse word vasgevat.
David Pieterse word vasgevat.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button