Sport

Zanis skitter tydens Limpopo Artistiese Kompetisie

Twee en sewentig uit ‘n totaal van 87 gimnaste, vlak 1 tot 3, van Zanis Gymnastics Academy wat deelgeneem het, is onlangs na afloop van die Limpopo Artistiese Kompetisie verlede naweek in die Limpopospan ingesluit. Die gimnaste is van Zanis Polokwane, Zanis Tzaneen en Zanis Hoedspruit. Van die 49 seuns wat deelgeneem het, behaal 35 …

Twee en sewentig uit ‘n totaal van 87 gimnaste, vlak 1 tot 3, van Zanis Gymnastics Academy wat deelgeneem het, is onlangs na afloop van die Limpopo Artistiese Kompetisie verlede naweek in die Limpopospan ingesluit.
Die gimnaste is van Zanis Polokwane, Zanis Tzaneen en Zanis Hoedspruit.
Van die 49 seuns wat deelgeneem het, behaal 35 Limpopokleure en van die 38 dogters het 37 die span gehaal. Die spanlede het 61 goue medaljes, 23 silwer en 4 brons medaljes verower.
Die Limpopospan het vanaf 27 tot 29 Augustus aan die Noordstreek-kompetisie in Kemptonpark deelgeneem waar hulle te staan gekom het teen die beste gimnaste van ander provinsies.
Ses trofees is oorhandig vir die beste seuns- en dogtersgimnaste in elke vlak, waarvan Zani’s 5 ontvang het.
Die Zanis-seuns het in sewe van die nege afdelings koning gekraai en tweede en derde plekke in die ander twee afdelings behaal.
Julian Lombard vlak 1, 6 tot
7 jr, Pedri Neethling vlak 2, 9 tot 10 jr, Soula Panayiotou vlak 1, 12 jr en Storm Locke vlak 2, 13 jr is aangewys as beste gimnaste in hulle onderskeie vlakke.
Seunswenners is Armand Grobler vlak 1, 8 tot 9 jr, Johannes Thoba vlak 1, 10 tot
12 jr en Evan Bernhardi vlak 2, 7 tot 8 jr, Brandon Erasmus vlak 2, 11 tot 13 jr, Brendon O’Reilly vlak 3, 7 tot 8 jr.
Dogterswenners in hulle onderskeie afdelings is Jani Wagner vlak 1, 6 jr, Clarissa Combrinck vlak 1, 7 jr, Makie Inama vlak 1, 8 jr, Latarah Bonne vlak 2, 7 jr, Vine vd Heever vlak 2, 11 jr en Mienke Lombard vlak 3, 12 jr.

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Julian Lombard vlak 1, 6 tot 7 is aangewys as die beste vlak 1 gimnas van die Limpopo Artistiese  Kompetisie en Pedri Neethling, vlak 1, 6 tot 7 jr is die beste vlak 2 seun. Soula Panayiotou en Sterm Locke was afwesig.
Julian Lombard vlak 1, 6 tot 7 is aangewys as die beste vlak 1 gimnas van die Limpopo Artistiese Kompetisie en Pedri Neethling, vlak 1, 6 tot 7 jr is die beste vlak 2 seun. Soula Panayiotou en Sterm Locke was afwesig.
Die vlak 2 gimnaste van Zanis Gymnastic Academy het puik presteer tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie te Louis Trichardt. Hulle afrigters is Tanya Bauwman en Cecil van den Bergh.
Die vlak 2 gimnaste van Zanis Gymnastic Academy het puik presteer tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie te Louis Trichardt. Hulle afrigters is Tanya Bauwman en Cecil van den Bergh.

Related Articles

Back to top button