Sport

Limpopo Blou Bulle vorder goed in Curriebeker-toernooi

Die Limpopo Assupol o.19- en o.21-Blou Bulle laat nie op hulle wag tydens vanjaar se Absa Curriebeker nie nadat hulle die naweek vir Grens van Oos-London ‘n goeie loesing by die ou Peter Mokaba Stadion gegee het. Limpopo het reeds verlede naweek hul stemme teen Boland dik gemaak en Saterdag op hul sukses voortgebou met …

Die Limpopo Assupol o.19- en o.21-Blou Bulle laat nie op hulle wag tydens vanjaar se Absa Curriebeker nie nadat hulle die naweek vir Grens van Oos-London ‘n goeie loesing by die ou Peter Mokaba Stadion gegee het.
Limpopo het reeds verlede naweek hul stemme teen Boland dik gemaak en Saterdag op hul sukses voortgebou met seges van onderskeidelik 55-22 en 50-10.
Die Bulle se o.19-speler, Simon Bezuidenhout het binne sewe minute van spel agter die pale gaan kuier en sy eie drie verdoel.
Francois Rousseau het sy voorbeeld gevolg in die sestiende minuut, maar Bezuidenhout kon dié keer nie die bal tussen die pale deurstuur nie en die rustydtelling het op 17-12 in Grens se guns gestaan.
In die tweede helfte het Limpopo uitgehaal en gewys met Dane Steinberg wat met vier drieë geslaag het en Branley Odendaal, Armandt Oosthuizen en Aaron Sawu wat ook elk vyf punte vir hul span aangeteken het. Dane Kotze het drie daarvan verdoel en die eindtelling tot op 55-22 in die Bulle se guns gebring.
Die o.21-spelers het van die eerste afskop af ‘n aanvallende spelpatroon gehandhaaf met Christopher Labuschagne, Brian Nyaudé en Kallie Jantjies wat oor die doellyn geduik het.
Die drieë vir die wedstryd is deur Nyaudé (2), Labushcagne (2), Bagriel Sipapate (1), Juan van der Westhuizen (1) en Jantjies (2) gedruk met Jean Grobler wat vyf keer daarin geslaag het om die bal met sy skopskoen oor die pale te klits.
Grens kon slegs met twee drieë slaag en die eindtelling is op 50-10 beslis.
Die Bulle speel Saterdag teen Griekwas in Kimberley.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Branley Odendaal van die Blou Bulle baan sy weg doellyn toe.
Branley Odendaal van die Blou Bulle baan sy weg doellyn toe.
Blou Bul, Marnus Scott word vasgevat.
Blou Bul, Marnus Scott word vasgevat.

Related Articles

Back to top button