Ruiters van staal

Om 80 km op ‘n perd se rug af te lê is nie kinderspeletjies nie, maar sommige deelne-mers aan die Capricorn Endurance Ride wat die naweek by Laerskool Chris Hofmeyer aangebied is, het dit selfs maklik laat lyk. Suné Piek was een van die gunstelingrui-ters wat die 80 km in die beste tyd van 3:50.45 …

Om 80 km op ‘n perd se rug af te lê is nie kinderspeletjies nie, maar sommige deelne-mers aan die Capricorn Endurance Ride wat die naweek by Laerskool Chris Hofmeyer aangebied is, het dit selfs maklik laat lyk.
Suné Piek was een van die gunstelingrui-ters wat die 80 km in die beste tyd van 3:50.45 afgelê het wat ook ‘n
eerste plek in die liggewig-afdeling aan haar besorg het.
Albie Blom het nie net die eerste plek in die standaardgewig-afdeling verower nie, maar ook die Best of the Best-prys gewen wat beteken sy perd was in die beste kondisie na die uithourit.
“Daar word in elke afdeling ‘n perd aange-wys wat in die beste toestand na die uithourit is, maar die Best of the Best-prys gaan aan die perd wat die wenners in elke afdeling uitstof. Sulke perde word gewoonlik deur veeartse aangewys en gemaklik nog ‘n 80 km kan voltooi,” sê Capricorn Uithouritklub-voorsitter, Pierre Pienaar.
Hy sê die uithourit was baie suksevol.
“Die geleentheid het 68 ruiters en hul perde gelok. Daar was enkele probleme wat ruiters ervaar het, maar oor die algemeen het ons goeie terugvoering gekry en ruiters het dit baie geniet,” sê Pienaar.
Die 80 km-uithourit is in drie fases aangebied. Nadat elke fase voltooi is, het ‘n veearts die perde deeglik ondersoek wat dan op sy aanbeveling verder aan die rit kon deelneem of moes onttrek.
“Ruiters sorg altyd dat hulle perde gesond en in topkondisie is, maar hulle gee soms soveel aandag aan die perd dat hulle hulself afskeep en nie die rit kan voltooi nie. ‘n Ruiter moet geestelik en liggaamlik voorbereid wees vir ‘n uithourit,” sê Pienaar.
Benewens Piek en Blom se oorwinning in die onderskeie afdelings het Dawid Breed en Christiaan Neethling onderskeidelik eerste plekke in die swaargewig- en junior-afdeling gewen.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version