Gimnaste blink uit tydens kompetisies

Die seunsgimnaste van Gymstars het tydens die naweek se Limpopo Gimnastiekkampioenskappe in Louis Trichardt uitnemend presteer deurdat 16 van die 20 deelnemende gimnaste in die provinsiale span opgeneem is wat volgende naweek aan die Noordstreek-kompetisie in Johannesburg deelneem. Gymstars se hoofafrigter, Lelanie Logtenberg is trots op die gimnaste se prestasie. “Hulle het hulle goed van …

Die seunsgimnaste van Gymstars het tydens die naweek se Limpopo Gimnastiekkampioenskappe in Louis Trichardt uitnemend presteer deurdat 16 van die 20 deelnemende gimnaste in die provinsiale span opgeneem is wat volgende naweek aan die Noordstreek-kompetisie in Johannesburg deelneem.
Gymstars se hoofafrigter, Lelanie Logtenberg is trots op die gimnaste se prestasie. “Hulle het hulle goed van hul taak gekwyt en ek is vol vertroue dat hulle voortreflik sal presteer,” sê sy.
Vlak 1 tot 3 goue medalje-wenners is Itumeleng Rakobo, Durandt Boshoff, Malane Mphahlele, Daniel Scott, André Cronjé, Ronin Lawrence, Eduard de Lange. Le Roux Marais en Adriaan Coetzee. Silwer medalje wenners is Franco du Plessis, Jordan Lucas, Damian Bye, Revern Lawrence, Marno Roos, Aljay Lucas en Alex Marias het brons verower.
AJ Galloway, vlak 1, 6 tot 7 jaar, het ‘n algehele derde plek verower terwyl die vlak 2, 7 tot 8 jaar-gimnaste, Andrew Stopforth en Andru de Beer onderskeidelik ‘n algehele tweede en derde plek behaal het. JC Logtenberg, vlak 3-gimnas in die 11 tot 13 jaar-kategorie eindig algeheel eerste.
Die meisie-ritmiese gimnaste het onlangs deelgeneem aan Wits Universiteit se uitnodigingskompetisie waar Lize van Ryneveld, vlak 5, algeheel eerste geëindig het met die hoogste gemiddeld vir die dag. Chanté Serfontein ontvang silwer vir tou en lint, Anika Myburgh goud vir lint en brons vir vryhand en Mariska Smit verwerf ‘n sesde plek vir tou, hoepel en bal.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version