Ondersteun Noordelikes in Limpopo-finaal

Saterdag word daar groot aksie op BB Truck Noordelikes se rugbyveld verwag wanneer Noordelikes se eerstespan teen die Northam Rhinos kragte meet om nie net die wenner van die Limpopo-liga te bepaal nie, maar ook sake uit te spook om te bepaal watter span aan volgende jaar se Cell C Community Cup gaan deelneem. Die …

Saterdag word daar groot aksie op BB Truck Noordelikes se rugbyveld verwag wanneer Noordelikes se eerstespan teen die Northam Rhinos kragte meet om nie net die wenner van die Limpopo-liga te bepaal nie, maar ook sake uit te spook om te bepaal watter span aan volgende jaar se Cell C Community Cup gaan deelneem.
Die hoofwedstryd begin om 17:00, maar goeie rugby word ook tydens die vriendskaplike voorwedstryde tussen spanne van Pietersburg Dorp, Dendron, Musina, die Universiteite van Limpopo en Venda, en Letaba verwag.
“Ons het verlede jaar vir die eerste keer aan die Cell C Community Cup deelgeneem en as ons dit weer regkry, is ons slaggereed vir die toernooi en die uitdagings wat dit bied,” sê Noordelikes-hoofafrigter, Frederik Romijn.
Belangstellendes kan reeds om 13:00 by Noordelikes se velde in Ladanna bymekaarkom wanneer die spanne van die Universiteit van Limpopo en Mankweng mekaar die stryd gaan aansê. Om 14:00 speel Dendron en Pietersburg Dorp teen mekaar met Musina en Letaba wat om 15:00 sal opdraf.
Die Universiteit van Venda en Noordelikes se saamgestelde span meet om 16:00 kragte, gevolg deur die hoofwedstryd.
‘n Kontantkroeg is beskikbaar en kos word te koop aangebied.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version