Die 4×4-manne durf hindernisse aan

Twaalf 4×4-entoesiaste het Saterdag hul vernuf en hul voertuie se vermoëns by die Polokwane 4×4 Klub tydens die klub se pretdag getoets. Ongeveer 200 toeskouers het die adrenalienbelaaide dag bygewoon. “Al het ons min inskrywings gehad, was dit steeds ‘n suksesvolle en aangename dag. Ons het slegs goeie en positiewe terugvoering ontvang en daarom het …

Twaalf 4×4-entoesiaste het Saterdag hul vernuf en hul voertuie se vermoëns by die Polokwane 4×4 Klub tydens die klub se pretdag getoets.
Ongeveer 200 toeskouers het die adrenalienbelaaide dag bygewoon.
“Al het ons min inskrywings gehad, was dit steeds ‘n suksesvolle en aangename dag. Ons het slegs goeie en positiewe terugvoering ontvang en daarom het ons reeds ‘n datum vir die volgende geleent-heid,” sê organiseerder, Martin Groenewald.
Op 29 Augustus sal die klub weer ‘n pretdag aanbied en 4×4-liefhebbers moet hulself solank vir ‘n groter, beter en uitdagender roete voorberei.
In die 2×4-klas het Chris Pistorius en Rob Wilson die eerste twee plekke op die podium ingeneem met Piet Kubannek, Sean Rama-tlhodi en Given Cloete wat sake tot aan die einde in die 4×4-standaardklas uitgespook het.
In die 4×4-supergemodifiseer-de klas het Bernard Ratmore gewen met Heath Brein en Kobus Groenewald onderskeidelik in die tweede en derde plek.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Fransie Knoetze wys hoeveel krag sy Toyota eintlik het.
Chris Pistorius hou die merker fyn dop terwyl hy die bulthindernis aandurf.
Exit mobile version