PHS-astrobaan gasheer vir SA distriktoernooi

Nadat Hoërskool Pietersburg (PHS) geskiedenis gemaak het deur die eerste eerste Astro-hokkiebaan in Limpopo te bou, was die belofte dat hokkieliefhebbers meer as net skolehokkie op dié baan sal aanskou. Vandeesweek het die skool hul belofte gestand gedoen toe hulle die South African Country Districts Hockey (SACD) se distrikmanstoernooi aangebied het. Die toernooi het Sondag …

Nadat Hoërskool Pietersburg (PHS) geskiedenis gemaak het deur die eerste eerste Astro-hokkiebaan in Limpopo te bou, was die belofte dat hokkieliefhebbers meer as net skolehokkie op dié baan sal aanskou. Vandeesweek het die skool hul belofte gestand gedoen toe hulle die South African Country Districts Hockey (SACD) se distrikmanstoernooi aangebied het.
Die toernooi het Sondag begin en die finaal sal Saterdag plaasvind. Altesaam twaalf spanne wat Suid- en Oos-Gauteng, die Limpopo A- en
Baobab-spanne, KwaZulu-Natal Inland se A- en B-spanne, Mpumalanga, Northerns, KwaZulu Natal Coastals, Westelike Provinsie en die Suid-Kaap insluit, spook hierdie week sake op PHS se astrobaan uit.
Dinsdag het Limpopo teen Oos-Gauteng gespeel en hulle met 3-1 geklop. Na verwagting sou hulle gister (Woensdag) teen Suid-Gauteng en vandag (Donderdag) teen die Northerns te staan kom. Die Limpopo Baobab-span speel ook vandag teen Mpumalanga.
Die Limpopo Hokkie-assosiasie se president, AJ Nel het die organiseerders bedank vir ‘n toernooi wat tot dusver suksesvol aangebied is.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto’s: RC Myburgh
Limpopo se Levanio Bhimjee speel die bal doelhok toe
Exit mobile version