Noordelikes laat Mankweng les opsê

RC Myburgh BB Truck Noordelikes het die naweek op hul tuisveld in die derde ronde van die Boet Fickliga teen die Mankweng Rugby Club te staan gekom. Noordelikes het die belang-rikheid van dié liga besef om sodoende weer hul plek in die jaarlikse Cell C Community Cup te verseker. Die klub se tweedespan het een …

RC Myburgh
BB Truck Noordelikes het die naweek op hul tuisveld in die derde ronde van die Boet Fickliga teen die Mankweng Rugby Club te staan gekom. Noordelikes het die belang-rikheid van dié liga besef om sodoende weer hul plek in die jaarlikse Cell C Community Cup te verseker.
Die klub se tweedespan het een doel voor oë gehad, om

Henry Moolman, tweedespan van Noordelikes baan sy weg langs die kantlyn af.
Henry Moolman, tweedespan van Noordelikes baan sy weg langs die kantlyn af.

te wen. Hulle het dié doelwit met ‘n oorwinning van 59-12 bereik. Die eerstespan het skoonskip onder die spelers van Mankweng gemaak en met 80-3 geseëvier.
Noordelikes se eerste-, tweede- en der-despan is almal in die tweede posisies van hul onderskeie ligas se puntelere. In die eerste liga is Louis Trichardt Rugbyklub die voorlopers met 14 punte teenoor Noordelikes se 10. In die tweede liga is Dendron Rugbyklub bo aan die lys met 13 punte
teenoor Noordelikes se 11. Letaba Rugby-klub is die span om te wen in die derdeliga met agt punte teenoor Noordelikes se 4.

Exit mobile version