Sport

Johan en Corine van der Merwe durf weer groot C aan

ELNA ESTERHUYSEN Die Van der Merwe-egpaar, Johan en Corine, van Pietersburg Road Runners hardloop al veertien jaar saam die Comrades. Hulle het in 2009, 2010 en 2011 die trofee vir die beste Comrades-span (man en vrou) by die klub ingepalm. Johan, een van die wêreld se beste ultra-atlete, hardloop vanjaar sy 15de Comrades. Sy doelwit …

ELNA ESTERHUYSEN
Die Van der Merwe-egpaar, Johan en Corine, van Pietersburg Road Runners hardloop al veertien jaar saam die Comrades.
Hulle het in 2009, 2010 en 2011 die trofee vir die beste Comrades-span (man en vrou) by die klub ingepalm.
Johan, een van die wêreld se beste ultra-atlete, hardloop vanjaar sy 15de Comrades. Sy doelwit is om in die moordende 87 km ‘n sub 06:58.00 te hardloop en ‘n silwer medalje te kry omdat hy vyf weke later sy wentitel in die moordende Washie 100 myl-wedloop (160 km) vir die derde agtereenvolgende jaar verdedig.
Sy raad aan atlete wat Sondag die Comrades aanpak is om nie té stadig te hardloop omdat jy bang is jy slaan ‘n ‘muur’ nie, en om ‘n duidelike doelwit te hê waarvoor jy voluit gaan.
Johan se vinnigste tyd in die 14-Comrades-wedlope wat hy voltooi het, is 06:24.35 (silwer medalje) en sy stadigste tyd is steeds ‘n baie vinnige 08:56.50 (Bill Rowan-medalje).
Corine se raad aan mede-Comrades-atlete is: “Moet nooit tydens die wedloop stop nie. Dit maak nie saak of jy loop, kruip of draf nie, hou net aan.”
Sy mik vanjaar vir ‘n Vic Clapham-medalje (sub 12:00) en sê: “Ek is eintlik baie vinnig, maar hou maar altyd terug.”
Hardloop is die afgelope twee dekades deel van die gerekende atlete se lewens wat dit steeds doen vir die genot daarvan.

Related Articles

Back to top button