Sport

Rolbalspelers is reg om te oefen

DIE Potgietersrus Rolbalklub nooi almal om saam met hulle balle te kom rol.

MOKOPANE – DIE Potgietersrus Rolbalklub nooi almal om saam met hulle balle te kom rol.

Die spelers is volstoom aan die oefen vir die verskeie toernooie wat deur die jaar aangebied word. Daar word ook so tussendeur sosiaal gekuier in die buitelug.

Die klub is langs die Kameeldoring Gholfklub geleë en daar word op die pragbane in ‘n prentjiemooi-omgewing meegeding.

Die spelers is elke Woensdagmiddag vanaf 14:30 aan die oefen en ook op Saterdae.

Die klub beoog om vanjaar verskeie pretdae te hou om spelers te lok om die spel te kom leer speel.

Vir meer inligting kontak Irma Prinsloo by 082 8989 2686.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button