Dankie vir goeie diens

In ‘n omgewing waar goeie diens nie meer altyd die norm is nie, is dit heerlik om vir ‘n verandering goeie en daarby vriendelike diens te ervaar.

POLOKWANE – Twee weke gelede tydens die storm wat die stad getref het, het ons puik en vinnige diens gehad van Capricorn Wireless Networks en ons is sommer reeds oor die naweek gehelp.
Die Wifi is Saterdagmiddag uitgeslaan deur die weerlig en ons het dit die aand aangemeld. Jouwerklik, teen Sondag 10:30 was ons weer op die lug.
Ons opregte dank aan Capricorn wat bereid was om oor die naweek uit te kom om ons verbinding te herstel. Dit was werklik die ekstra myl wat hulle gestap het om ons te help. Ons is so dankbaar vir wat hulle gedoen het, want ons het gedink ons sal dalk eers Maandag geholpe raak.
Nogmaals dankie, Capricorn Wireless Networks, mens kan op julle staatmaak.
Elsie Marneweck

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version