BlogsOpinion

Die liefde is . . .

Vir party mense is liefde rose en sjokolade. Vir ander mense is dit net die teenoorgestelde: as jy net die ‘V’-woord begin noem. Dan begin die V-verskonings:

Vir party mense is liefde rose en sjokolade.

Harte klop warm op Valentynsdag. Die prys van rose skiet die hoogte in en restaurante is vol bespreek.

Vir ander mense is dit net die teenoorgestelde: hulle is allergies vir rooi en harte. Hulle raak sommer opstroppelis as jy net die ‘V’-woord begin noem. En dan begin die V-verskonings:

“Hoekom moet ek nou iets begin doen? Ek het nog nooit nie.”

“As ‘n man vir ‘n vrou blomme bring, dink sy sommer outomaties hy het iets verkeerd gedoen.”

“Ons glo nie eintlik in Valentysndag nie.”

“Dis net ‘n geld-maak-storie.”

“Dis net ‘n verskoning om ogies te maak vir iemand.”

“Dis’n dag wat deur Cardies uitgedink is om meer kaartjies te verkoop.”

En my persoonlike gunsteling:

“Elke dag is mos Valentynsdag!”

Ja, reg, hoor!

Die liefde is beslis iets vir elke dag. As jy regtig vir iemand lief is, het jy ‘n behoefte om saam met daardie persoon te wees, vir hulle te wys hoe lief jy hulle het in jou of hulle liefdestaal. As iemand vir jou lief is, is niks te veel om vir jou te doen nie, behalwe op ‘n Sondagmiddag laat as almal te lui is om asem te haal. Party mense hou van persentjies gee. Dis hulle wat sjokolade of kaartjies of blomme bring. As jou geliefde altyd iets saam bring, moet jy weet: gee geskenkies om sy of haar hart te wen. Asjou geliefde alles sal opgee om net ‘n rukkie by jou te wees, is die taal van die liefde – aandag. Gaan eet saam met hom/haar uit en gee onverdeelde aandag. As jou geliefde graag vir jou dingetjies doen, is die liefdestaal ‘diens’. Vir haar of hom moet jy vroeg wakker maak met ontbyt in die bed en ‘n lekker koppie koffie. Doen iets vir hierdie liefde. Die laaste taal van die liefde is liefdeswoorde. Hierdie liefde vereis die digter in jou. Stuur vir haar ‘n gedig of vir hom ‘n liefdesbrief. Vertel jou geliefde presies hoe jy oor hom/haar voel en nog belangriker, hoe sy/hy jou laat voel.

Elke dag is ‘n goeie dag vir die liefde, maar vir die wat heel jaar lank verskonings uitdink, is dit dalk goed dat daar ‘n dag opsy gesit word. Sint Valentyn gee die skaamstes onder die skames dalk net genoeg moed om die waagstuk aan te gaan. Om jou hart vir iemand anders oop te maak, is immers nie maklik nie. Dit vat moed en waaghalsigheid. Jy laat jou skanse sak, vergeet ‘n bietjie van selfverdediging en los jou sagste plekkie oop vir seer kry.

Onthou net een ding. Die liefde woon net in jou hart, nie jou brein of jou lendene nie. Maak jou hart oop, waag ‘n slag, leer ‘n nuwe liefdestaal aan en wees skaamteloos Valentyns, sommer elke dag van die jaar!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button