BlogsOpinion

Kinders het die reg op versorging en liefde

Eulogia de Wet, maatskaplikewerker van die Mokopane Noodforum deel haar regte-kennis.

Almal in die gemeenskap moet daarop ingestel wees om na ons kinders se welstand om te sien. Dit is dus baie belangrik om indien daar enigsins ‘n vermoede is dat ‘n kind of kinders verwaarloos word, of fisies of seksueel mishandel word, dit dadelik aan te meld by die polisie of by ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker, sê Eulogia de Wet, Maatskaplike Werker van die Mokopane Noodforum.
Sy wys Bosveld se lesers vandeesweek op artikels 47, 151, 152 en 154 rakende die vasstelling of ‘n kind sorgbehoewend is en beskerming nodig het soos bepaal in die Kinderwet 38 van 2005.
‘n Kind benodig versorging en beskerming wanneer ‘n hy/sy verlaat of verwees is en sonder enige sigbare ondersteuning, of gedrag openbaar wat nie deur die ouer of ‘n versorger beheer kan word nie. ‘n Kind is ook sorgbehoewend en het beskerming nodig wanneer hy/sy op straat lewe en werk of bedel om aan die lewe te bly.
‘n Kind wat verslaaf is aan ‘n afhanklikheidsvormde stof en sonder enige ondersteuning is om behandeling te kry vir sodanige stof, of blootgestel is of lewe in omstandighede wat hom/haar blootstel aan eksploitering. Wanneer ‘n kind lewe in omstandighede wat hy/sy fisiese, geestelike of maatskaplike welsyn ernstig kan benadeel het hy ook versorging en beskerming nodig.
Kinders moet ook beskerm en versorg word as hulle terug besorg word vir toesig en beheer deur die ouer, voog of versorger, wat hulle dan in gevaar mag stel omdat daar rede is om te glo dat die kinders in omstandighede leef wat die kind se fisiese geestelike of maatskaplike welsyn ernstig kan benadeel.
Beskerming is ook nodig as ‘n kind in ‘n staat van fisiese of geestelike verwaarloosing verkeer, mishandel, misbruik, doelbewus verwaarloos of verneder word deur ‘n ouer, versorger of ‘n persoon wat ouerlike regte en verantwoordelikhede het of ‘n familielid van die kind of ‘n ander persoon onder wie se beheer die kind is.
‘n Kind wat ‘n slagoffer is van kinderarbeid en ‘n kinderaangevoerde huishouding het ook beskerming nodig.
Indien kinders aan enige van die bogenoemde omstandighede blootgestel word kan hulle verwys word na ‘n maatskaplike werker vir ‘n ondersoek.
Indien ‘n maatskaplike werker na ‘n ondersoek bevind dat die kind of kinders nie sorg en beskerming benodig nie, moet die maatskaplike werker waar nodig die kind of kinders bystaan met berading, mediasie, voorkomings-, en vroeë ingrypings dienste, gesinsrekonstruksie en rehabilitering, gedragverandering, probleem oplossing en verwysing na ander paslik gekwalifiseerde persone of organisasies.
Indien daar vermoed word dat enige van die bogenoemde redes teenwoordig is en die kind of kinders in onmiddelike nood van versorging en beskerming is, kan die polisie, maatskaplike werker of ‘n persoon deur ‘n hofbevel gemagtig die kind of kinders onmiddelike verwyder vir hul beskerming en versorging.
Daar moet egter binne 24 uur kennis aan die ouers, voog of versorger van die kinders gegee word van die verwydering van die kind of kinders en verwys word na ‘n maatskaplike werker vir ondersoek.
Die aangeleentheid moet dan ook gerapporteer word aan die relevante provinsiale department van maatskaplike ontwikkeling.
Die kind kan dan in sulke gevalle in tydelike veilig sorg geplaas word sonder ‘n hofbevel as daar redelike gronde is dat die kind sorg en beskerming nodig het en dat die vertraging deur die verkryging van ‘n hofbevel vir die verwydering van die kind, die kind se veiligheid en versorging in gevaar stel. Maak ook seker dat die verwydering van die kind vanaf sy/haar woon omgewing die beste manier is om die kind se veiligheid en welsyn te verseker.
Die aangewese maatskaplike werker moet dan nie later as die volgende hofdag die klerk van die hof in kennis stel van die verwydering van die kind en vanaf daardie datum is daar ‘n 90 dae tydperk waarin ‘n volledige ondersoek gedoen moet word om vas te stel of die gronde vir verwydering van die kind en plasing in tydelike veilige sorg wel bestaan al dan nie. Onthou dat maatskaplike werkers na die beste belang van kinders moet omsien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button