Kinders moet leer om te sosialiseer om reg te funksioneer

"Ouers moet tyd maak om hul kinders te leer en te dissiplineer en kan gerus belê in 'n goeie ouerhandleiding - Rika Terblanche van Polokwane BabyGym

“Wanneer ‘n baba nie leer om te stop wanneer jy hom vra om ‘n taak te staak nie, met ander woorde as hy nie grense leer nie, is sy ontwikkeling nie in plek nie.”

Om te luister en op te hou met iets wanneer dit gevra word en om te sosialiseer die twee sleutelvaardighede is om maats te maak, deel van ‘n groep te wees en ‘n goeie selfbeeld te vorm.

“Ouers moet tyd maak om hul kinders te leer en te dissiplineer en kan gerus belê in ‘n goeie ouerhandleiding. Ouers neem nie verantwoordelikheid nie. Hulle verwag die skool moet alles vir hul kinders leer.”

Ouers moet verstaan wat die verskillende mylpale in hul kind se lewe is. Hulle moet weet wat is ontwikkeling. Wanneer die kind begin loop is dit ‘n oorgang van afhanklikheid na onafhanklikheid.

“As jy nie van jouself kan hou nie, hoe kan jy verwag dat ander mense van jou hou? Ouers moet elke oomblik van hul kind se ontwikkeling geniet en beitel aan die volgende fase. Kinders sosialiseer soos hul ouers. Om hul kinders in beweging te bring moet ouers hulself afvra: wat beïnvloed my beweging?

Ouers moet hul afvra watter voorbeeld hulle vir hul kinders stel. As ‘n kind fisies nie ontwikkel is nie en ook nie emosioneel ontwikkel is nie, dan kan hulle nie kognitief ontwikkel nie.

“Werkende ouers voel soms skuldig omdat hulle nie genoeg tyd aan hul kinders gee nie, maar dit is belangrik om wel tyd met hulle deur te bring. Hulle moet elke naweek iets saam met hul kinders doen, iets wat vooraf beplan word en waarna hulle kan uitsien. ‘n Kind wat speel is gelyk aan ‘n kind wat werk.”

Exit mobile version