BlogsOpinion

Dissipline, roetine is kern vir ‘n gesonde, stabiele gesin

Rika Terblanche van BabyGym gesels oor dié twee aspekte van ‘n kind se lewe.

POLOKWANE – Kenners vertel dat roetine help om ‘n kind veilig te laat voel en dissipline gaan hand aan hand daarmee.
Rika Terblanche van BabyGym gesels oor dié twee aspekte van ‘n kind se lewe.
“Ouers moet roetines vestig. Jou persoonlikheid en kultuur help daarmee. Roetine kan vervelig raak, maar dit is goed vir kinders aangesien dit hulle kalmeer.”
Roetine is belangrik omdat dit die allerdaagse, vervelige dinge in die lewe is wat die ruggraat van stabiliteit, orde en ‘n gesonde verstand vir beide ouer en kind vorm.
Roetineaktiwiteite soos slaap, eet, bad, speel en toilet toe gaan moet op vasgestelde tye plaasvind.
“Roetine is ‘n plan om goed te hanteer wat daagliks gebeur. Dit is nodig om rustig te raak en jou te laat ontspan. As ‘n kind ‘n moeilike baba-tyd beleef het, is ouers geneig om later te oorkompenseer en pas dan nie roetine en dissipline toe soos hulle moet nie.”
‘n Kind met ‘n roetine en dissipline voel veilig. Dit vestig nie-verbale aanduiding dat die ouer in beheer is. Roetine is ‘n ritme en die beste tyd om te begin is wanneer die ma swanger is. Babas en kleuters kry ‘n interne ritme. Die ouers moet in kontak kom met die kind en sodoende die ritme van die kind leer ken. Dit behels om aan die baba te vat, oogkontak te maak, met hom te gesels en selfs om hom te ruik.
“Dissipline is nie ‘n straf nie maar wel ‘n manier om kinders te onderrig.
“As ‘n kind liefde ervaar is die eerste en belangrikste deel van dissipline gevestig. ‘n Ouer moet net sê wat hy bedoel. As hy dreig sonder om op te treë ondermyn hy sy eie gedrag en sal die kind nie luister nie.”
Rika raai ouers aan om beheer uit te oefen oor hulself en die situasie. ‘n Ouer moet ook nie ‘n kind straf wanneer die ouer kwaad is nie. En ‘n ma en pa moet uit dieselfde mond praat, sake verander as ouers verskillende reëls het.
maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button