Magietyd vir sterker spiere

Babygym instrukteur, Rika Terblanche, praat oor magietyd en verduidelik hoe om babas se spiere sterk genoeg te kry sodat hul self regop kan sit.

POLOKWANE – “Magietyd is een van die belangrikste mylpale of aktiwiteite wat ‘n baba moet kan doen. Dit kan reeds op die eerste of tweede dag na geboorte begin. Hoe vroeër jy daarmee begin, hoe beter,” vertel sy.

Sy vertel dat wanneer die baba veilig op sy magie voel, sal hy begin rol.

“Masseer jou baba sodat hy bewus kan word van al sy spiere en help hom met beweging.

“Terwyl hy op sy rug op jou bene lê, laat hom ‘fietsie’ ry. Dit help hom later met koördinasie vir kruip en sit. Dit leer hom ook hoe om genoeg beheer te kry om te kan stop. Kinders ontwikkel van bo na onder en van binne na buite.”

Rika vertel dat die nek eerste op die spektrum van spiere is, aangesien hy die kop, wat 25% van die geboortegewig weeg, moet kan regop hou en beheer. Die kop beheer alle beweging.

“As ‘n kind se spiere nie sterk is nie, sukkel hy om te konsentreer. As die spiere sterk is, kom inligting teen 1,25 m per sekonde die brein in. As dit nie sterk is nie, is die getal slegs 0,25 m per sekonde.”

Rika vertel dat ‘n baba op ses maande reeds self moet kan regop sit.

“Ouers kan help om die nodige spiere te ontwikkel deur sy lyfie in en uit te rol. Ondersteun sy nek en druk bo-op sy bene, waarna julle hom oplig.

“Later kan julle hom aan sy skouers en dan bo-arms oplig. Doen ook ‘n heup rotasie.”

Sodra die baba regop sit, is dit ‘n stap nader aan omrol.

maretha@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version