Stemreg of voorreg

Te midde van . . . Evita Bezuidenhout het gese: “Demokrasie is te kosbaar om met almal te deel.”

 

Evita Bezuidenhout het gese: “Demokrasie is te kosbaar om met almal te deel.” Benjamin Franklin het gese: “Demokrasie is twee wolwe wat stem oor aandete.” Nog ‘n bekende staatsman het gese”Demokrasie is tebelangrik om aan die menigtes oor te laat.”

Wat jy ookal oor demokrasie dink, dit is die politieke bestel van ons land. Vanjaar vier ons die 22ste herdenking van die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. En soos die OVK ons gereeld herhinner, dis een van die dae weer tyd vir die munisipale verkiesing.

Demokrasie is gebore in antieke Griekeland. Die klein stad-staatjies soos Athene en Sparta was beroemd vir hulle demokrasie. Sparta was militaristiese staat. Die bekende wetgewer, Lycurgus, het die demokratiese stelsel hervorm deur ‘n stel reels op te stel, die eerste geskrewe grondwet. In Sparta kon mans bo die ouderdom van 21 stem. Anders as in ander stad-state, was stemreg in Sparta nie afhanklik van jou rykdom of grondbesit nie.

Volgens Lucurgus is die sukses van Sparta se demokrasie op drie bene gebaseer: nl. Soberheid, gelykheid en militere fiksheid. Ongelukkig vir ons, kort ons al drie. Ironies genoeg is die eerste pogings om vir vroue stemreg in SA te kry gebaseer op die poging tot soberheid. ‘n Engelse vroue organisasie, die Women’s Enfranhcisement League, wou die beskikbaarheid en handel in Suid-Afrika beheer om die morele verval te beveg in 1899. Hulle he gou besef dat hulle niks sal regkry sonder ‘n poloitieke platform nie. Met die aanbreek van die Anglo-Boere oorlog en die armoede daarna, het hulle focus verflou. Di seers toe Genl. JBM Hertzog in 1930 herkies wou word, dat vroue die eerste keer stemreg ontvang het. Die eerste vrou is in 1933 verkies in Parklands, Leila Reitz.

Die geskiedenis van die geveg om vir almal in Suid-Afrika stemreg te kry, is nog vars in ons geheue. Met die eerste algemene verkiesing het byna 90% van die geregistreerde kiesers kom stem. In die laaste algemene verkiesing was meer as 14 miljoen mense wat stemgeregtig is, nie eens geregistreer nie. Van die 25 miljoen mense wat wel geregistreer was, het minder as 75% gaan stem.

Di seen van die dae munisipale verkiesing en baie Suid-Afrikaners voel asof hulle magteloos is in hierdie saak.

Ek glo, dis nie net ‘n reg om te kan stem nie, dis ‘n voorreg en ‘n verantwoordelikheid. Die stemreg is nie maklik gewen nie. Van die eerste Vryburgers en vry slawe, tot die Groot Trek en Susanna Smit wat liewer kaalvoet oor die Drakensberge sou loop, tot by die stryd teen Apartheid. Daar is duur betaal vir ons voorreg. Daarom is dit elke mens se verantwoordelikheid om hulle stem te laat hoor. Al is demokrasie nie die perfekte antwoord nie, is dit wat ons het. Dalk moet ons Spartaans begin dink. Ons moet leef en werk in diens van mekaar, soos Lycurgus gese het.

In alle geval, onthou om seker te maak dat jy reg geregistreer is en gaan stem, want dis jou verantwoordelikheid.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version