BlogsOpinion

VAT VYF: Storie van die gestruikelde Osama Mohsen

Die immigrantekrisis in Europa verskyn daagliks op ons televisie skerms.

Die immigrantekrisis in Europa verskyn daagliks op ons televisie skerms. Dit verteenwoordig een van die grootste bewegings van mense groepe sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Dit is belangrik om te onthou dat elke groep mense bestaan uit individue en elkeen het sy eie ‘storie’.
Hierdie ‘stories’ is nie net stories van hartseer en verdriet nie maar ook ‘n stories van geluk en genade.
Televisiekykers was verbaas om te sien hoe Osama Mohsen, met sy sewejarige seuntjie in sy arms, gepootjie word deur ‘n Hongaarse kameravrou.
Hy het gestruikel en geval op die grond.
Maar ‘n Duitse joernalis het alles afgeneem en dit op die internet versprei.
Daar is ook in die berig gemeld dat hy van die Siriese dorp Deir Ezzor afkom en betrokke was by die Siriese Premier Liga sokkerspan, al Fotuwa SC.
Groot was Osama se verbasing dus toe ‘n Spaanse sokkerklub wat die videogreep gesien het hom kontak en hom sy droomwerk aanbied; hoofafrigter van hulle span!
Hy is nou in ‘n opleidingsentrum in Madrid waar hy Spaans leer.
Een van die dae gaan hy met sy afrigting begin.
Planne is ook in wording om sy hele familie na Spanje te laat kom. Osama is lettterlik in sy sukses ingepootjie!
Dieselfde kan waar word vir ons ook.
Die Woord verklaar; ’Sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.’ (Spreuke 24:16).
Ons word nie belowe dat God ons nooit sal laat struikel nie maar wanneer Hy toelaat dat iemand ons pootjie, tel Hy ons weer op en kan Hy die goeie uit die kwaad na vore bring.(Rom 8:28)
Daniel moes eers in die leeukuil beland voordat hy verhef is tot een van die ministers van die Persiese Koninkryk.
Josef moes eers verkoop en verraai word en in die tronk beland voordat hy as onderkoning van Egipte aangestel is. Daar is soveel gevalle waar ‘n mens se ‘verleentheid’ God se ‘geleentheid’ geword het.
Word jy dalk op die oomblik wreed ‘gepootjie’ deur iemand?
Hou moed. Dit kan dalk juis jou struikel wees wat jou die grootste deurbraak van jou lewe kan gee. (www.dsgielie.net)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button