KATROLKOORS: Is jy skuldig aan lynmishandeling?

Meeste hengelaars is te lui om gereeld hulle lyn na te gaan en te herknoop. Dit is veel gemakliker om 'n knip-spil aan te sit en vir die res van die dag, selfs seisoen, nie weer daaraan aandag te gee nie.

ONS het verlede week oor die belangrikheid van ‘n goeie knoop gepraat en afgesluit met ‘n wenk dat dit nie raadsaam is om ‘n knip-spil (snap swivel) te gebruik nie.

Die vraag is nou hoekom nie? Die antwoord is eenvoudig. Meeste hengelaars is te lui om gereeld hulle lyn na te gaan en te herknoop. Dit is veel gemakliker om ‘n knip-spil aan te sit en vir die res van die dag, selfs seisoen, nie weer daaraan aandag te gee nie. Totdat jy iewers vashaak en kunsaas verloor óf daardie geheimsinnige groot vis jou lyn vat en breek.

Was dit jou volgende PB? Jy sal nie weet nie. Hengelwinkels is mal daaroor, want dit beteken verkope vir hulle, maar vir my wie die geld moet uithaal is dit iets wat dalk vermy kon gewees het.

Dink bietjie, jou vislyn word heeldag aan die son en sy skadelike UV-strale blootgestel.

Self hengel ek in gebiede waar die lyn skaaf en skuur – wanneer die vis die aas vat is daar ook meer spanning op die lyn, of selfs wanneer ek vassit en sukkel om die aas los te kry, rek die lyn. Dit grens aan lynmishandeling.

Behalwe vir ‘n knoop wat die swakste plek op enige vislyn is, word die lyn ook gekneus, geskaaf, gerafel en gesny. Daarom gaan ek die laaste twee meter van my vislyn gereeld na en voel ek of ek nie enige swak plekke tussen my vingers kan voel nie. Selfs al voel ek niks nie, sal ek steeds ‘n meter lyn afsny en my knoop oormaak. Ek doen dit ook getrou na elke vis wat ek vang.

Nog ‘n nadeel van ‘n knip-spil is dat dit die swemaksie van jou kunsaas negatief beïnvloed en vir die vis baie meer sigbaar is. Waar sien jy ‘n klein vissie in die vlakwater rondswem met ‘n bosbreker op sy neus?

Ons sal later in meer detail oor stroppe praat, maar intussen gee ek dié advies: die beste strop vir ‘n swartbaarhengelaar is ‘n gewiglose strop. Die aas vertoon baie meer natuurlik en dit dwing die hengelaar om stadiger te hengel.

Wenk van die week:

Ervare hengelaars vervang hulle vislyn minstens voor elke hengelseisoen en kompeterende hengelaars doen dit voor elke kompetisie.

Hannes Lindeque is die uitgewer van die spesialistydskrif, SA BASS, wat maandeliks verskyn en is self ‘n kranige swartbaarhengelaar.

 

KATROLKOORS: Regte knoop vir die regte vis

KATROLKOORS: Swartbaarshengel: Struktuur en skuilingh

KATROLKOORS: Swartbaarhengel is meer as net aas uitgooi

KATROLKOORS: ‘n Kouefront maak nie net die mense lui nie

KATROLKOORS: Visse moet ook asemhaal

KATROLKOORS: die regte aas, maar hulle byt nie?

KATROLKKORS: Die regte kunsaas vir swartbaars

KATROLKOORS: Regte metode vir ‘catch and release’

KATROLKOORS: Hê respek vir jou visvangomgewing

KATROLKOORS: Die beste lyn om te gebruik vir swartbaars

KATROLKOORS: Leer meer oor die beste katrol vir swartbaars

KATROLKOORS: Swartbaarhengel regdeur die jaar

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version