KATROLKOORS: Regte knoop vir die regte vis

DIT is nou goed en wel om al die basiese kennis te hê van watter stok, katrol, tipe vislyn, belangrike faktore wat visgedrag beïnvloed en van die terminologie te ken, maar daar is soveel meer wat hengelaars wil weet. Hoe om ‘n goeie knoop te maak; wat is die tegniek; hoe om onbekende hengelwater te …

DIT is nou goed en wel om al die basiese kennis te hê van watter stok, katrol, tipe vislyn, belangrike faktore wat visgedrag beïnvloed en van die terminologie te ken, maar daar is soveel meer wat hengelaars wil weet.

Hoe om ‘n goeie knoop te maak; wat is die tegniek; hoe om onbekende hengelwater te benader; hoe speel en hanteer ek die vis; watter kunsaas werk en wanneer; watter kleur; die lysie gaan net aan.

Die vakgebied is so wyd dat SA Bass al sedert 2001 elke maand ‘n tydskrif propvol inligting oor die sport van swartbaarhengel uitgee. Daar is ongelukkig nie ‘n pilletjie wat jy kan sluk en skielik alles weet nie.

Een van die belangrikste komponente tussen jou en die vis is jou vislyn en as jy ‘n swak knoop gemaak het, maak dit nie saak hoe goed óf swak jou vislyn is nie. Ook nie hoe duur óf goedkoop dit was nie.

Ek sal nooit die dag vergeet toe my eerste grote weggekom het nie.

Ek het altyd gedink ek kan ‘n goeie knoop maak en, gewapen met my Tasmanian Devil, het ek ‘n sloep net voor sononder benader. ‘n Mooi gooi, verby die fyn takkies wat naby die kant uitsteek, vol afwagting, skielik was daar ‘n stewige pluk aan die lyn. Hy spring eenkeer – ‘n mooi vis! Hy ruk en skud, ek hou my stok se punt laag (om te keer dat die vis weer spring en my aas gooi), maar skielik, was die vis weg. Nie net was die vis weg nie, maar ook my enigste kunsaas wat ek gehad het. Al wat ek in my hand het is ‘n lyn se punt wat soos ‘n varkstert gekrul is.

Daar is knope en knope, sommige goed en ander nie, maar die belangrikste is die vertroue wat jy daarin plaas. As jy my sou vra “watter knoop?” is my eerste en persoonlike antwoord die Palomar-knoop. Dit is ‘n eenvoudige knoop wat my nog nie teleurgestel het nie, maar dan is daar ook die wat ek sweer ek nooit weer sal gebruik nie.

(Onthou, elke knoop het sy voor- en nadele, moet dus nie net blindelings op een knoop staatmaak nie.)

Die Palomar-knoop is een wat ek self die meeste vertrou en ‘n knoop wat beskou word as een van die sterkstes. Dit is ideaal om enige hoek en kunsaas mee te knoop en veral geskik wanneer gevlegte lyn (braid) gebruik word. Dit is so eenvoudig dat die knoop selfs in die donker gemaak kan word, en ook wanneer die oë nie meer so lekker kan sien nie.

Stappe

1. Neem ‘n redelike stuk lyn en vou die lyn se punt dubbeld om ‘n lus te vorm.

2. Voer die lus deur die hoek se oog en maak ‘n gewone enkel-knoop.

3. Terwyl die hooflyn en punt in die een hand vasgehou word, druk die hoek met die ander hand deur die lus.

4. Terwyl die hooflyn en punt vasgehou word, word die lus tot bo-oor die hoek se oog gebring.

5. Maak die knoop nat, (sommer met spoeg) en trek die knoop styf.

6. Sny die lyn se punt af en toets die knoop, voordat jy ingooi, en daardie grote dalk wegkom.

Wenk van die week:

Baie hengelaars gebruik ‘n snap swivel om vinnig kunsaas te verander. MOET DIT NIE DOEN NIE! Lees volgende week hoekom nie.

Hannes Lindeque is die uitgewer van die spesialistydskrif, SA BASS, wat maandeliks

verskyn en is self ‘n kranige swartbaarhengelaar.

 

KATROLKOORS: Swartbaarshengel: Struktuur en skuilingh

KATROLKOORS: Swartbaarhengel is meer as net aas uitgooi

KATROLKOORS: ‘n Kouefront maak nie net die mense lui nie

KATROLKOORS: Visse moet ook asemhaal

KATROLKOORS: die regte aas, maar hulle byt nie?

KATROLKKORS: Die regte kunsaas vir swartbaars

KATROLKOORS: Regte metode vir ‘catch and release’

KATROLKOORS: Hê respek vir jou visvangomgewing

KATROLKOORS: Die beste lyn om te gebruik vir swartbaars

KATROLKOORS: Leer meer oor die beste katrol vir swartbaars

KATROLKOORS: Swartbaarhengel regdeur die jaar

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version