BlogsOpinion

KATROLKOORS: Swartbaarhengel is meer as net aas uitgooi

SWARTBAARHENGEL is meer as net aas uitgooi en die vangs inbring.

SWARTBAARHENGEL is meer as net aas uitgooi en die vangs inbring. Dit is ‘n aktiwiteit wat regdeur die jaar op verskillende maniere beoefen kan word. Sommige hengelaars fokus op bepaalde kunsaas, ander jag net groot visse, ander probeer so veelsydig as moontlik wees terwyl die meeste maar net ‘n vis wil vang.

Wanneer ‘n mens noem dat hy van swartbaarhengel hou, is daar gewoonlik iemand wat altyd beter moet weet en terme gebruik wat ander net in stilte laat. Van die terme wat dan gereeld opduik is ‘struktuur’ en ‘skuiling’ en soms word die terme so deurmekaar aangebied dat mens nie meer kop of stert daarvan verstaan nie.

Voordat die verdui-deliking aan die beurt kom is dit belangrik om te besef dat daar eintlik net twee (en ‘n halwe) gedagtes is wat deur ‘n swartbaar se kop gaan. Tegnies is daar nog veg en vlug ook, maar kom ons fokus op die twee en ‘n half.

Die eerste en belang-rikste is ‘kos’ en tweede is ‘rus’. Dit wil sê; as jy suksesvol wil wees moet jy weet waar die visse jag en dat wanneer hul dik gevreet is, hulle gaan rus. Dit bring ons by struktuur en skuiling.

Struktuur verwys na die geologiese vormverandering van die dam se bodem. Dit sluit enigiets in wat die bodem se vorm verander; dinge soos punte, ou plantasies, holtes, rots riwwe, groot klippe, ou paaie onder die water, miershope/knoppe en ou damwalle, rivierbeddings, kanale, boomstompe, boomwortels, uitgespoelde walle onder jetties en dies meer. Hoekom is struktuur belangrik? Enige vis voel kwesbaar in oop water en vind veiligheid by enigiets. In ‘n eksperiment is ‘n klomp swartbaars in ‘n groot wit bak geplaas. Eers was die visse wyd verspreid. Daarna was ‘n deksel oor een helfte van die bak geplaas en die visse het in die skadu gaan lê; volgende is ‘n paar klippies in die bak geplaas en die visse het om die klippies byeengekom. Uiteindelik was daar net ‘n enkele swart streep vertikaal aan die binnekant van die bak geverf en die visse het by die streep groepeer. Die gevolgtrekking was dat struktuur vir swartbaars belangrik is omrede hulle roofvisse is en hulle struktuur as jaggebied en wegkruipplek inspan.

Struktuur kan in vlak- en in diepwater gevind word. Klein vissies is gewoonlik in die vlakwater, terwyl die groter (slimmer) visse in die diepwater rus. In vlakwater sal ek met klein kunsvissies hengel en met ligte gerei, terwyl in die diepwater sal ek beslis dikker fluorocarbon lyn, sagte plastiekwurms aan ‘n Texas-strop en ‘n stewige lang visstok gebruik. Omrede ek nie weet wat onder die water is nie, moet ek die vis so gou as moontlik uit sy wegkruiplek kry voordat hy my lyn om iets gaan draai en wegkom.

Volgende week kyk ons hoe ‘skuiling’ swartbaarhengel kan beïnvloed. Maar voor ek vergeet; die halwe gedagte is nou in die nabye toekoms vir ons as hengelaars baie belangrik, want dit is wanneer die visse begin broei. Dan steur hulle hulle nie meer veel aan kos en rus nie, maar meer daaroor vorentoe.

Wenk van die week:

Kry vir jou ‘n goeie gepolariseerde donkerbril sodat strukture in helder, skoon water duidelik sigbaar kan wees. Dit verbeter nie net jou kans om meer sukses te behaal nie, maar beskerm ook jou oë teen gevaarlike sonstrale, wind en selfs sinkers.

Hannes Lindeque is die uitgewer van die spesialistydskrif, SA BASS, wat maandeliks verskyn en is self ‘n kranige swartbaarhengelaar.

 

KATROLKOORS: ‘n Kouefront maak nie net die mense lui nie

KATROLKOORS: Visse moet ook asemhaal

KATROLKOORS: die regte aas, maar hulle byt nie?

KATROLKKORS: Die regte kunsaas vir swartbaars

KATROLKOORS: Regte metode vir ‘catch and release’

KATROLKOORS: Hê respek vir jou visvangomgewing

KATROLKOORS: Die beste lyn om te gebruik vir swartbaars

KATROLKOORS: Leer meer oor die beste katrol vir swartbaars

KATROLKOORS: Swartbaarhengel regdeur die jaar

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button