BlogsOpinion

SA Bass berig nou weeklikse bederf vir Lim hengelaars

SA BASS sal saam met Review werk om weekliks 'n berig the plaas om Polokwane hengelaars meer in te lig oor die plaaslike damme en visse.

POLOKWANE – SA BASS sal saam met Review werk om weekliks ‘n berig the plaas om Polokwane hengelaars meer in te lig oor die plaaslike damme en visse.

SA BASS is ‘n nismark tydskrif wat fokus op swartbaarhengel en het sedert April 2001 begin nadat dit deur stigter Hannes Lideque, oudleerling van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gestig is. SA BASS word tans deur RNA nasionaal versprei en ook na buurlande soos Namibië, Swaziland en Botswana.

In 2013 het SA BASS ook ‘n sustertydskrif geloods met die naam Viskoors wat ‘n meer algemene hengeltydskrif is wat op alle hengelfasette fokus byvoorbeeld karp en spesie-hengel.

Twee van SA BASS se uitvloeisels het ook sedert 2006 a gereelde Bassin’ Kids Outreach projek begin wat op elke vakansie plaasvind en avontuurkampe aan kinders aanbied.

Vir die meer ernstige hengelaars bied SA BASS ook sedert 2001 die maandelikse Cast-for-Cash swartbaarhengeltoernooie aan. Tans het SA BASS drie streke naamlik Gauteng, Mpumalanga en Limpopo met ‘n jaareind-finaal wat elke jaar in Oktober gehou word. Gauteng het die meeste deelnemers met gemiddeld 52 spanne per maand vir die huidige jaar (elke span bestaan uit twee hengelaars) en hengel is slegs vanaf bote. Mpumalanga het gemiddeld 22 spanne en Limpopo gemiddeld 20, wat ‘n totaal van 92 spanne per maand is. (Die totale prysgeld wat verlede jaar gewen is het R215 500 beloop).

SA BASS sal van nou af weekliks om elke Donderdag ‘n klein berig in Review plaas wat plaaslike hengelaars inlig met die regte toerusting, tye, tegnieke en hengelwenke vir sekere damme wat in Limpopo geleë is.

Wessel du Toit is die organiseerder van die SA BASS Limpopo been en hy is gesetel in Polokwane.

SA BASS het ook laat weet dat hul sal uit sien om elke week hul hengelwenke met hul Limpopo hengelaars te deel.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button