Koningsarend de rekordvlug

‘n Koningsarend met die naam Darshan het onlangs, met ‘n kamera op sy rug vasgemaak, ‘n nuwe wêreldrekort opgestel. Hy het vanaf die hoogste mensgemaakte struktuur op aarde, die Burj Khalifa in Dubai, ‘n vlug onderneem. Op ‘n hoogte van 830m was hierdie arend vir ‘n oomblik “on top of the world”. Hy het ‘n …

‘n Koningsarend met die naam Darshan het onlangs, met ‘n kamera op sy rug vasgemaak, ‘n nuwe wêreldrekort opgestel.

Hy het vanaf die hoogste mensgemaakte struktuur op aarde, die Burj Khalifa in Dubai, ‘n vlug onderneem. Op ‘n hoogte van 830m was hierdie arend vir ‘n oomblik “on top of the world”.

Hy het ‘n fenomenale uitsig van die hoofstad van die Verenigde Arabiese Emirate op kamera vasgevang voordat hy grasievol geland het op die hand van sy afrigter, Jacques-Olivier Travers. Dié het handgebare gebruik om met Darshan te kommunikeer en hom te “vertel” in watter rigting hy moes vlieg en wanneer om te duik.

As die arend kon praat sou hy waarskynlik gesê het: “Waaroor is al die bohaai? Ek doen dit al vir jare en ek kan baie hoër gaan as ek wil”.

“I am really proud of the bird; today was really perfect. I think that anyone who saw these shots will never think of eagles in the same way,” het Travers gesê.

Die Freedom Conservation-groep het hierdie uitsonderlike geleentheid georganiseer om die wêreld se aandag te vestig op arende se bewaring omdat die witstert-koningsarend vir meer as 50 jaar al ‘n krities bedreigde spesie is.

Ronald Menzel, ‘n natuurbewaarder, het genoem dat hierdie gebeurtenis ongeëwenaar is in terme van die hoeveelheid mense wat dit aanskou het en bewus gemaak is van die gevaar waarin bedreigde voëls verkeer.

“For the first time millions of people can see this bird in flight. The amount of coverage I see is just crazy. These beautiful shots can get into people’s heads to protect these animals.”

Die goeie nuus vir my en jou is dat ons ook “koningsarende” is. Om die waarheid te sê jy is meer as net ‘n “koningsarend” jy is eintlik ‘n Koning se “arend”

Die groot majestieuse arend klap selde sy vlerke; hy maak van opwaartse lugstrome gebruik om in die lug te bly. Daarom, sprei oop jou vlerke koningskind, jou Vader het jou geloofsvlerke gegee wat jou ver bokant jou ergste probleme kan laat uitstyg. Jy kan baie hoër vlieg as wat jy dink moontlik is.

Om Menzel se woorde te gebruik: “I hope these beautifull shots can get into your head”.

“Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” Jes 40:30-31

www.dsgielie.net

Exit mobile version