Sonneblomme haat enige papierwerk

Lede van die Pietersburg Tuinbouklub het Dinsdag hul maandvergadering bygewoon.

POLOKWANE – Lede van die Pietersburg Tuinbouklub het Dinsdag hul maandvergadering bygewoon.

Tydens hierdie vergadering het Karen Clarke met die lede gesels oor plante en hul ooreenkomste met die mense se persoonlikhede. Die plante onder bespreking was die sonneblom, varing, kaktus en impatients.

Karen glo ‘n sonneblom is ‘n persoon wat luidrugtig is maar nie omgee om bietjie stiller te wees nie.

“Hulle kry ook nie maklik skaam nie en is oor die algemeen gewoonlik laat. Hulle haat ook papierwerk,” vertel Karen.

“Hulle is lief vir die lewe en baie lief vir energie. Hulle is ook vreeslik emosioneel en kan binne sekondes van emosie verander. Hulle soek ook vreeslik na erkenning.”

Die impatiens is die mooier plant van die vier en ook, volgens Karen, die mees sensitiewe. “Hy reageer vinnig op sy omgewing.

“Persone wat soos dié plant is, is ook baie sensitief en is lief daarvoor om hul aandag en tyd aan ander mense te gee,” het sy gesê.

Net soos in die bos of woud, hou die va-ring van donker, stilte en kalmte.

“Hierdie mense vergewe en vergeet maklik, maar hou van roetine nie en is gaande oor tradisie. Hulle hou van feite en verpes liegstories.

“Hulle reageer ook stadig teenoor nuwe mense in hul lewens. Die varing is ook die analitiese tipe mense wat slegs een of twee goeie vriende het,” het Karen verduidelk.

Die kaktus is op die man af en reguit. “Wat jy sien is wat jy kry. Hulle aanvaar verandering meestal goed,” het sy gesê.

Laastens het Karen verduidelik dat elke mense met ‘n primêre plant ooreenstem, maar dat die eienskappe van die verskillende plante kan oorvleuel en jy wel eienskappe van meer as een of selfs al vier plante kan hê.

Exit mobile version