God die bestuurder van ons lewensvoertuie

Tydens 'n onlangse ontmoeting met 'n inwoner van Kameroen word 'n hele wêreld vir my oopgesluit deur na sy vertellinge te luister.

Tydens ‘n onlangse ontmoeting met ‘n inwoner van Kame-roen word ‘n hele wêreld vir my oopgesluit deur na sy vertellinge te luister.

My onbekendheid van Kameroen se uitdagings is verander deur die een beeld wat hy gebruik het om alles saam te vat as ‘n oplossing.

Die man bid: “God of transportation, transport us from the unknown to the known. Transport us through the Spirit to understand your will for us and me in particular.”

Die beeld dat God mense se rede vir beweging is, is ‘n beeld wat goed verstaan word deur Afrikane. Elke oggend is duisende mense afhanklik van busse, treine en taxi’s. Die afhanklikheid van duisende mense word onderstreep deur die gebruik van vervoer waaroor hulle self nie beheer het nie.

Daar is geen beheer oor die aankoms- en vertrektye, brandstofverhoging of -verlaging, passasiergemak of -ongemak nie. Die afhanklike reisiger van Afrika verstaan dat hy afhanklik is van iemand met vervoer wat weet hoe om hom van een punt na die volgende punt te neem.

Die vertelling en beeld wat gebruik is deur die reisiger van Kameroen het ‘n vraag ontketen: wat laat ons anders beweeg as ons onsself beskryf as Christene?

Dié anders beweeg om woorde om te sit in dade. Wanneer iemand byvoorbeeld ‘n drukkie vir ‘n geliefde, ‘n vriend in smart, ‘n kollega wat ‘n operasie voor oë het of iemand wat moedeloos is gee, is die optrede anders. Die drukkie wat eers ‘n gevoel, gedagte of oortuiging was, word ‘n werklikheid.

Wanneer ons onsself as Christene beskryf, beskryf ons die sekerheid dat die Heilige Gees vir ons uithouvermoë gee en ons dapper maak. Ons het die uithouvermoë om aan te hou terwyl ander reeds wil ophou.

Die beweging deur die Gees laat ons Hom in afhanklikheid aanroep as die bestuurder van ons lewensvoertuie met die gebed van die Kameroen burger op ons lippe.

“The God of transportation, transports us from the unknown to the known. He does transport me and you through the Spirit to understand that He loves this world, the world where you may make a difference in the name of God.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version